Die Mac-Macwaterval is in die Mac-Macrivier in Mpumalanga, Suid-Afrika, geleë. Die waterval is 65 m hoog en welbekend omrede dit gedeeltelik vanaf die R532-pad tussen Sabie en Graskop sigbaar is.

Die Mac-Macwaterval.
Mac-Macwaterval is in Mpumalanga
Mac-Macwaterval
Mac-Macwaterval
Ligging van die Mac-Macwaterval in Mpumalanga.

Tans is daar twee valle langs mekaar, maar oorspronklik was dit slegs een waterval. Dit is in 1873 in twee geskeur deur die skietwerk van 'n delwer.[1]

VerwysingsWysig

Koördinate: 25°00′02″S 30°48′58″O / 25.00056°S 30.81611°O / -25.00056; 30.81611