Mamre
Mamre, 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika), was oorspronklik 'n sendingstasie van die Morawiese Sendinggenootskap, wat in die jaar 1808 gestig is. Dit is 17 km suid van Darling geleë.
Mamre | |
---|---|
De Kleine Post in Mamre | |
Koördinate: 33°31′0″S 18°28′0″O / 33.51667°S 18.46667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,87 km2 (0,72 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 9 048 |
• Digtheid | 4 839/km2 (12 530/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 94.6% |
• Swart mense | 3.0% |
• Ander | 1.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 92.3% |
• Engels | 6.0% |
• Ander | 1.6% |
Poskode (strate) | 7349 |
Poskode (posbusse) | 7347 |
Geskiedenis
wysigDie goewerneur van die Kaap, graaf Van Clarendon, het op 23 Maart 1808 drie plase De Groene Kloof, Louwskloof en Cruywagenskraal aan die Morawiese Sendinggenootskap geskenk. Die eerste kerk is in 1816 gebou.
Vandag
wysigDie dorpie spog vandag met 'n gerestoureerde watermeule en 'n aantal tradisionele huise in die Kaaps-Hollandse Styl. Die dorpie se Bybelse naam, Mamre verwys na Abraham se tuiste en beteken "vettigheid".
Boorlinge
wysig- Friederich Wilhelm Jannasch, musikus en komponis.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mamre". Sensus 2011.