Mandriva Linux
Mandriva Linux (voorheen Mandrake Linux) is 'n Linux-verspreiding wat deur Mandriva (eens Mandrakesoft) vrygestel word. Die eerste weergawe is in Julie 1998 uitgegee en was gebaseer op Red Hat Linux (weergawe 5.1) en KDE (weergawe 1.0). Sedertdien het hulle begin wegbeweeg vanaf Red Hat en oorspronklike sagteware geskryf wat help om stelsels makliker te installeer. Mandriva Linux was oorspronklik geskep deur Gaël Duval, wat ook die mede-stigter van Mandrakesoft was.
Mandriva Linux 2010.1 | |
Webwerf: | www.mandriva.com |
Bedryfstelsel-familie: | Linux |
Bronkodemodel: | Vrye en Oopbron Sagteware |
Jongste stabiele uitgawe: | 2011 / 28 Augustus 2011 |
Paketbestuurder: | urpmi |
Platforms wat ondersteun word: | i386, x86-64 |
Kerntipe: | Monolitiese kernel |
Lisensie: | GPL |
Om sagteware te installeer word die urpmi sisteem gebruik, wat spesifiek vir Mandriva ontwerp is.
Mandriva is (soos meeste ander Linux verspreidings) ook in Afrikaans beskikbaar.
Weergawes
wysigOntwikkelings weergawe
wysigDie ontwikkelings weergawe van Mandriva staan bekend as die "Cooker". As die weergawe gereed is word dit vrygestel as die volgende stabiele weergawe.
Tabel van vorige weergawes
wysigJaar | Weergawe Nommer | Weergawe Naam |
---|---|---|
1998 | 5.1 | Venice |
1998 | 5.2 | Leeloo |
1999 | 5.3 | Festen |
1999 | 6.0 | Venus |
1999 | 6.1 | Helios |
2000 | 7.0 | Air |
2000 | 7.1 | Helium |
2000 | 7.2 | Odyssey (called Ulysses during beta) |
2001 | 8.0 | Traktopel |
2001 | 8.1 | Vitamin |
2002 | 8.2 | Bluebird |
2002 | 9.0 | Dolphin |
2003 | 9.1 | Bamboo |
2003 | 9.2 | FiveStar |
2004 | 10.0 | Community and Official |
2004 | 10.1 | Community |
2004 | 10.1 | Official |
2005 | 10.2 | Limited Edition 2005 |
2005 | 2006.0 | Mandriva Linux 2006 |
2006 | 2007 | Mandriva Linux 2007 |
2007 | 2007.1 | Mandriva Linux 2007 Spring |
2007 | 2008.0 | Mandriva Linux 2008 |
2008 | 2008.1 | Mandriva Linux 2008 Spring |
2008 | 2009.0 | Mandriva Linux 2009 |
2009 | 2009.1 | Mandriva Linux 2009 Spring |
2009 | 2010.0 | Mandriva Linux 2010 (Adélie) |
2010 | 2010.1 | Mandriva Linux 2010 Spring (Farman) |
2011 | 2011.0 | Hydrogen |
Eksterne skakels
wysig- Die Mandriva Linux tuisblad Geargiveer 2 September 2007 op Wayback Machine
- Mandriva Wiki Geargiveer 5 November 2018 op Wayback Machine
- DistroWatch.com se Mandriva Linux bladsy
Wikimedia Commons bevat media in verband met Mandriva. |