Margaret Phillips
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Margaret Phillips (6 Julie 1923 – 9 September 1984) was 'n Walliese aktrise aktief op Broadway in die 1940s en in vroeë televisie in die 1950s en 1960s. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprent The Nun's Story (1959) en in die televisiereekse Lights Out (1946), Fireside Theatre (1949), en Masterpiece Playhouse (1950).
Margaret Phillips | |
Geboorte | Cwmgwrach, Suid Wallis | 6 Julie 1923
---|---|
Sterfte | 9 September 1984 (op 61) New York Stad |
Nasionaliteit | Wallies |
Skool | Walton High School |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1940s -1982 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Vroeë lewe
wysigMargaret Phillips is gebore in die dorp Cwmgwrach in Suid Wallis. Op die ouderdom van 16 trek sy met haar ouers na die Verenigde State en het skoolgegaan aan Walton High School, `n meisieskool in die Bronx. Omdat sy deur die Tweede Wêreldoorlog vasgekeer is in Amerika, het sy haar loopbaan geloods op die verhoog in Woodstock, New York. [1][2]
Loopbaan
wysigMargaret Phillips se teater loopbaan het geduur van die 1940s tot haar laaste vertoning in 1982. Sy het die Clarence Derwent Toekenning gewen in 1947 vir haar werk in Another Part of the Forest. [3] Sy het `n ondersteunende rol gehad in Tennessee Williams se toneelstuk, Summer and Smoke wat in 1948 op Broadway geopen het.[4] In 1950 vervang sy Irene Worth in T.S. Eliot se Cocktail Party.[5] In 1960 vertolk sy Titania in A Midsummer Night's Dream.[6]
In rolprente verskyn Phillips as Ray Milland se gestremde vrou in A Life of Her Own (1950), en in The Nun's Story (1959) met Audrey Hepburn. Phillips se televisie loopbaan was besig in die 1950s. In 1953 verskyn sy saam met Orson Welles in die regstreekse televisieproduksie van King Lear, as die koning se dogter Regan.[7] Sy het die Rawhide episode Incident of the Dust Flower `n gasrol gespeel in 1960. In 1960 verskyn sy in die episode Call from Tomorrow van die reeks Alcoa Presents: One Step Beyond.
Phillips was in die eerste ledeklas van Actors Studio, met onder andere Marlon Brando, Montgomery Clift en Maureen Stapleton.[8]
Persoonlike lewe
wysigSy is aan kanker oorlede in New York Stad in die jaar 1984. Sy was 61.[9]
Filmografie
wysigRolprente
wysigJaar[10] | Titel | Rol |
1950 | A Life of Her Own | Nora Harleigh |
1959 | The Nun's Story | Suster Pauline |
Televisiereekse
Jaar[10] | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1948 | Actor's Studio | ||
1949-
1950 |
The Philco Television Playhouse | Adela Chart | 4 episodes |
1950 | Starlight Theatre | ||
1950 | Masterpiece Playhouse | Thea Elvsted | 2 episodes |
1951 | The Ford Theatre Hour | ||
1949-
1951 |
Suspense | Fran Prince / Grace | 3 episodes |
1951 | Lights Out | ||
1951 | Goodyear Playhouse | ||
1951 | Fireside Theatre | Mev. Cratchit | |
1952-
1953 |
Lux Video Theatre | Jeanne Allison / Penelope | |
1953 | Tales of Tomorrow | Anne | |
1947-
1953 |
Kraft Theatre | 14 episodes | |
1953 | Omnibus | Regan | |
1953 | Danger | ||
1953 | Medallion Theatre | ||
1954 | You Are There | ||
1954 | Inner Sanctum | Model | |
1954 | The United States Steel Hour | Valerie | |
1951-
1954 |
Robert Montgomery Presents | Judith Leeward / Maria Dorne | 4 episodes |
1955 | Ponds Theatre | ||
1949-
1955 |
Studio One | Brigid / Margaret Randolph /
Camilla / Maisie / Addie |
7 episodes |
1955 | Star Tonight | ||
1956 | Appointment with Adventure | Natalie | |
1956 | Modern Romances | ||
1958 | Matinee Theatre | Anne | 2 episodes |
1959 | The Third Man | Jocelyn Davis | |
1960 | Five Fingers | Anneska | |
1960 | One Step Beyond | Elena Stacy | |
1960 | Rawhide | Sophie Cartwright | |
1961 | Way Out | Cassandra | |
1961 | Golden Showcase | Pamela | |
1962 | Checkmate | Beatrice Lawlor | |
1962 | Route 66 | Mev. Bainbridge | |
1963 | The Doctors and the Nurses | Beth Cooper |
Teater
wysigJaar[11][12] | Toneelstuk | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1942-1943 | Proof Thro' the Night | Sue | |
1944-1945 | The Late George Apley | Agnes Willing | |
1946-1947 | Another Part of the Forest | Birdie Bagtry | Clarence Derwent Toekenning |
1948-1949 | Summer and Smoke | Alma Winemiller | |
1950-1951 | The Cocktail Party | Celia Coplestone | Vervang Irene Worth |
1950 | The Heiress | Catherine Sloper | |
1951 | Second Threshold | Miranda Bolton | |
1953 | The Merchant of Venice | Portia | |
1956 | Fallen Angels | Jane Danbury | |
1957 | The Lady's Not For Burning | Jennet Jourdemayne | |
1960 | Under the Sycamore Tree | Die Koningin | |
1963 | The Ginger Man | Marion Dangerfield | |
1967 | Black Comedy / White Lies | Sophie: Baroness Lemberg |
Verwysings
wysig- ↑ https://www.newspapers.com/article/5044936/interview_with_margaret_phillips_1960/
- ↑ https://www.newspapers.com/article/5047066/interview_with_margaret_phillips_1948/
- ↑ https://books.google.co.za/books?id=sAwEAAAAMBAJ&dq=Margaret+Phillips+actress&pg=PT48&redir_esc=y#v=onepage&q=Margaret%20Phillips%20actress&f=false
- ↑ https://www.newspapers.com/article/5047066/interview_with_margaret_phillips_1948/
- ↑ https://www.newspapers.com/article/5044773/margaret_phillips_in_cocktail_party/
- ↑ https://news.google.com/newspapers?id=MWtQAAAAIBAJ&sjid=4BAEAAAAIBAJ&pg=7167%2C4848697
- ↑ https://books.google.co.za/books?id=g8ELtsx12iYC&dq=Margaret+Phillips+Welles+Lear&pg=PA125&redir_esc=y#v=onepage&q=Margaret%20Phillips%20Welles%20Lear&f=false
- ↑ https://news.google.com/newspapers?id=5AUdAAAAIBAJ&sjid=zYoEAAAAIBAJ&pg=6848%2C5227672
- ↑ https://www.nytimes.com/1984/09/11/obituaries/margaret-phillips-dies-at-61-veteran-broadway-actress.html
- ↑ 10,0 10,1 https://www.imdb.com/name/nm0680611/?ref_=nv_sr_srsg_0_tt_1_nm_7_q_margaret%2520phillips
- ↑ https://www.ibdb.com/broadway-cast-staff/margaret-phillips-56123#Credits
- ↑ http://www.iobdb.com/CreditableEntity/19682