Mariah Carey

Amerikaanse sanger en liedjieskrywer (gebore 1969)

Mariah Carey (gebore 27 Maart 1969) is 'n Amerikaanse solosangeres en aktrise. Sy is bekend vir haar kragtige stem en het in die 1990’s gewild geword, danksy albums soos Mariah Carey en Butterfly.[4]

Mariah Carey
GeboortenaamMariah Carey
Gebore27 Maart 1969 (1969-03-27) (55 jaar oud)
Huntington, NY (VSA)
GenresR&B, pop, hip hop,[1] dans[2]
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, model, vervaardiger, aktrise
Jare aktief1988-huidig
EtiketteColumbia, Virgin, Island
Webwerfwww.mariahcarey.com

Lewensloop

wysig

Carey is op 27 Maart 1969 in Long Island gebore. Haar pa was 'n Afro-Amerikaner van Venezolaanse afkoms en haar ma van Ierse afkoms.

Sy word in 1990 bekend met die vrystelling van "Vision of Love" op haar debuutalbum. Die album het vier treffers in die VSA opgelewer. Daarna het sy 'n reeks kommersieel suksesvolle albums uitgereik.

Sy trou in 2008 met Nick Cannon. Hulle het twee kinders, die tweeling Moroccan en Monroe, maar is weer in 2014 geskei.

Albums

wysig
  • Mariah Carey (1990)
  • Emotions (1991)
  • Music Box (1993)
  • Merry Christmas (1994)
  • Daydream (1995)
  • Butterfly (1997)
  • Rainbow (1999)
  • Glitter (2001)
  • Charmbracelet (2002)
  • The Emancipation of Mimi (2005)
  • E=MC² (2008)
  • Memoirs of an Imperfect Angel (2009)
  • Merry Christmas II You (2010)
  • Me. I Am Mariah... The Elusive Chanteuse (2014)
  • Caution (2018)

Verwysings

wysig
  1. "Mariah Cary myspace page" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020.
  2. Ankeny, Jason. "allmusic (Mariah Carey > Overview)". Allmusic (in Engels). Rovi Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 22 Oktober 2009.
  3. "Vision of Loneliness Geargiveer 5 September 2014 op Wayback Machine" Entertainment Weekly. 25 September 2008
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

wysig