Maroš Šefčovič
Maroš Šefčovič (Bratislava, 24 Julie 1966) is 'n Slowaakse politikus en Europese Kommissaris.
Maroš Šefčovič | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Desember 2019 | |
President | Ursula von der Leyen President van de Europese Kommissie |
---|---|
Voorafgegaan deur | Frans Timmermans |
Ampstermyn 1 November 2014 – 1 Desember 2019 | |
President | Jean-Claude Juncker President van die Europese Kommissie |
Voorafgegaan deur | Günther Oettinger (Energie) |
Opgevolg deur | Kadri Simson |
Ampstermyn 9 Februarie 2010 – 1 November 2014 | |
President | Jose Manuel Barroso President van die Europese Kommissie |
Voorafgegaan deur | Margot Wallström (Institusionele relasies) Siim Kallas (Administrasie) |
Opgevolg deur | Frans Timmermans |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 24 Julie 1966 Bratislava, Tsjeggo-Slowakye (nou: ) |
Nasionaliteit | Slowaakse |
Politieke party | SMER |
Biografie
wysigŠefčovič het voorheen gedien as sy land se ambassadeur in Israel, en Slowakye se permanente verteenwoordiger by die Europese Unie van 2004 tot 2009.
Hy is in 2010 deur sy land as Europese Kommissaris in die kommissie Barroso II benoem. Hy het die portefeulje Institusionele betrekkinge en administrasie gekry. Vanaf 1 November 2014 word hy Europese Kommissaris in die Kommissie Juncker, as ondervoorsitter en verantwoordelik vir die Energie-unie. Vanaf 2 Julie 2019 het hy ook die Digital Single Market-portefeulje oorgeneem. Hy vervang Andrus Ansip, wat 'n lid van die Europese Parlement geword het. In die Kommissie Von der Leyen het hy vanaf September 2019 ondervoorsitter van die kommissie geword en is hy verantwoordelik vir Interinstitusionele Betrekkinge en Vooruitskattings.[1]
Noord-Ierland
wysigMaroš Šefčovič was in 2021-2022 die EU se hoofonderhandelaar met die Verenigde Koninkryk om 'n oplossing te vind vir die probleme wat rondom die Noord-Ierland-protokol ontstaan het. Die provinsie is nie meer deel van die EU nie, maar om 'n oop grens op die eiland te hou is dit steeds deel van die EU se interne mark. Dit noodsaak tjeks in die Ierse See tussen Noord-Ierland en die eiland Groot-Brittanje. Die Unioniste in die provinsie beskou dit as 'n bedreiging vir die eenheid van die VK.[2]