Martigny
Martigny (Duits: Martinach, Latyns: Octodurum of "Die Agt Poorte") is 'n munisipaliteit (commune) en nedersetting in die tweetalige Switserse kanton Valais (Duits: Wallis) en die administratiewe setel van die gelyknamige distrik.
Martigny Martinach | |
---|---|
Dorp | |
Martigny, soos gesien vanuit die buurt Bourg | |
Ligging in Switserland | |
Koördinate: 46°06′00″N 7°04′22″O / 46.1°N 7.0728°O | |
Land | Switserland |
Munisipaliteit | Martigny |
Kanton | Valais (Wallis) |
Distrik | Martigny |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,97 km2 (9,64 vk. myl) |
Hoogte | 471 m (1 545 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 16 143 |
• Digtheid | 646/km2 (1 670/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (SET) |
Poskode | 1920 |
Die dorp is naby 'n rivierkronkel van die Rhône en by die kruispunt van die belangrike Groot St. Bernardpas- en Simplon-roetes geleë. Volgens sy bevolkingtal is Martigny die vierde grootste nedersetting in die kanton na Sion (Duits: Sitten), Monthey en Sierre (Siders).