Masai (taal)
Masai (Masai: ɔl Maa) is ’n Nilo-Sahariese taal wat in Suid-Kenia en Noord-Tanzanië deur sowat 1,64 miljoen Masai gepraat word. Dit is nou verwant aan die ander Maa-variëteite: Samburu, Chamus en Parakuyu. Die sprekers van dié tale is histories verwant en noem almal hul taal ɔl Maa.
Masai ɔl Maa | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Kenia Tanzanië | |
Gebied: | Suid-Kenia Noord-Tanzanië | |
Totale sprekers: | Sowat 1,64 miljoen | |
Taalfamilie: | Nilo-Saharies Oos-Soedannees Oos-Niloties Lotuxo–Teso Lotuxo–Maa Masai | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mas
| |
ISO 639-3: | mas
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die sprekers van Masai word al hoe minder, hoewel nie vinnig nie, weens kontak met ander stamme in Oos-Afrika en die opkoms van Swahili en Engels as oorheersende tale.
Die Masai se leefstyl is in hul taal vasgevang. Veral die handelstelsels waarvan hulle afhanklik is om hul nomadiese leefstyl te handhaaf, hang af van die oorlewing van hul taal, selfs as ’n minderheidstaal.[1] Al hoe minder Masai is nomadies en hulle verkies deesdae om in klein gemeenskappe te woon om hul taal en ander aspekte van hul kultuur lewend te hou.[2]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia