Massamedia
mediategnologieë wat bedoel is om 'n groot gehoor te bereik deur massakommunikasie
Massamedia verwys na 'n verskeidenheid van media tegnologieë wat 'n groot hoeveelheid mense bereik via massa kommunikasie. Die tegnologieë waardeur hierdie kommunikasie plaasvind, bevat 'n verskeidenheid afsetpunte. Die tipe media maak dit moontlik om dieselfde boodskap aan die massas oor te dra. Klassieke voorbeelde hiervan is landelike radio- en TV-stasies, maar bekende webtuistes word ook hierby ingesluit.
Die term is in die 1920's geskep met die koms van nasionale radionetwerke en die grootskaalse sirkulasie van koerante en tydskrifte. Eeue voor die term bekend geraak het is boeke en manuskripte reeds op groot skaal versprei.
Voorbeelde van Afrikaanse massamedia sluit in:
Koerante
wysigRadiostasies
wysig- Radio Sonder Grense (RSG)
- Jacaranda 94.2 (beperkte Afrikaans)
Televisiekanale
wysig- KykNET op DStv
- MK op DStv
- KykNET Musiek op DStv
- Afrikaanse Satelliet Televisie (ASTV) op TopTV
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Massamedia.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir massamedia.