McDonnell F3H Demon
Die McDonnell F3H Demon is 'n Amerikaanse vegvliegtuig wat deur die Amerikaanse Vloot gebruik is op vliegdekskepe. Dit is die eerste vliegtuig wat McDonnell ontwerp het met swiepvlerke asook die eerste vegvliegtuig wat slegs met missiele toegerus was en geen masjiengewere gehad het nie.
McDonnell F3H Demon | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | McDonnell |
Ontwerp deur | McDonnell |
Nooiensvlug | 7 Augustus 1951 |
Bekendstelling | 7 Maart 1956 |
Onttrek | 1964 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Vloot |
Aantal gebou | 519 |
Die Demon is 'n vliegdekskip gebaseerde, supersoniese, alleweerstoestand vegvliegtuig wat ontwerp is met een doel voor oë: om net so goed of beter te wees as enige land gebaseerde vegvliegtuig. Ongelukkig het die eerste J40 motors nie aan die verwagtinge voldoen nie en het die eerste modelle (F3H-1N) onderpresteer. Produksie was ook vertraag deur die vloot se spesifikasie dat dit 'n alleweerstoestand nagvegter model moet wees. Alhoewel die prototipe op 7 Augustus 1951 sy nooiensvlug voltooi het, is die produsie modelle eers in 1956 in diens gestel as die F3H-2N met die Allison J71 motor.
Teen die tyd dat produksie gestaak is in 1959 is 519 vliegtuie gebou. Op een stadium was elf eskaders toegerus met die Demon.
Tegniese besonderhede
wysigItem | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Allison J71-A 2E turbostraal met nabrander |
Kraglewering per motor | 6 350 kg stukrag |
Vlerkspan | 10,77 m |
Lengte | 17,96 m |
Hoogte | 4,44 m |
Vlerkoppervlakte | 48,22 m2 |
Maks. opstygmassa | 15 377 kg |
Maks. snelheid | 1 041 km/h |
Operasionele hoogte | 13 000 m |
Togafstand | 2 205 km |
Klimvermoë | 3 660 m per minuut |
Bewapening | Vier 20 mm kanonne en vier AIM-7C Sparrow lug-tot-lug-missiele |
Sien ook
wysigBron
wysig- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9