McGregorspeldekussing
Spesie van die speldekussings
Die McGregorspeldekussing (Leucospermum harpagonatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Riviersonderendberge naby McGregor. Die struik is klein en word slegs 15 cm hoog. Dit dra blomme van Augustus tot November.
McGregorspeldekussing | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucospermum |
Spesie: | L. harpagonatum
|
Binomiale naam | |
Leucospermum harpagonatum Rycroft, (1994)
|
In Engels staan dit as die McGregor Pincushion bekend.