MediaWiki:Uploadtext
Let wel: Lees asseblief die onderstaande riglyne sorgvuldig deur. Indien u versuim om aan een van die vereistes te voldoen, kan u lêer moontlik verwyder word. Indien u onseker is oor enige van die vereistes of vrae het aangaande die oplaai van beelde is dit beter om eers te vra voor u iets oplaai. Sien ook gerus Wikipedia:Beelde in hierdie verband.
Opgelaaide lêers vereis:
- Die bron van die lêer:
- Verskaf duidelike en gedetailleerde inligting oor die bron van die lêer.
- Indien u die beeld self geskep het, moet u dit uitdruklik noem.
- Indien u die beeld uit 'n boek of ander gedrukte bron verkry het, moet u dit korrek meld.
- Indien die beeld op die internet gevind is, moet u 'n geldige URL verskaf na die bladsy waarop die beeld verskyn.
- Die lisensie van die lêer:
- Noem die lisensie waaronder die lêer val, en plaas die ooreenstemmende lisensiëringsetiket op die blad.
- Indien u die lêer geskep het, moet u dit onder 'n vrye lisensie vrystel of in die publieke domein vrystel.
- Nie-vrye beelde word nie tans by die Afrikaanse Wikipedia aanvaar nie.
NB. Beelde wat onder 'n vrye lisensie val, kan opgelaai word na die Wikimedia Commons: 'n gedeelde versameling materiaal wat deur alle Wikimedia-projekte in alle tale gebruik kan word. Enige lêer wat na die Commons gelaai word kan dadelik orals anders gebruik word. Ons raai sterk aan om dit só te doen. |
Opgelaaide lêers benodig:
- 'n Relevante artikel om in te verskyn. Sien gerus Wikipedia:Beelde en Wikipedia:Uitgebreide beeldsintaks vir meer inligting hieroor.
- 'n Beskrywing van die inhoud van die beeld. Sien gerus die beeldinligtingsjabloon wat u hiermee kan help.
- 'n Sinvolle, beskrywende lêernaam bv. ("Eiffeltoring, Parys, snags.jpg") om botsings met bestaande lêers te verhoed.
Sien Spesiaal:Beeldelys vir 'n lys van beelde wat reeds gelaai is.