Mercedes-Benz M256 enjin

Die Mercedes-Benz M256-enjin is 'n turboaangejaagde inlynsessilinderenjin wat sedert 2017 vervaardig word toe dit die eerste keer in die W222 S450 bekendgestel is.[1] Dit vervang die vorige M276 V6-enjin.

  Mercedes-Benz M256
Oorsig
Vervaardiger Mercedes-Benz
Produksietyd 2017–
Konfigurasie Inlynsessilinder
Afmetings
Inhoudsmaat 3,0 L (2 999 cc)
Boorwydte 83 mm
Slaglengte 92.4 mm
Drukverhouding 10.5:1
Blok Aluminiumallooi
Kopstuk Aluminiumallooi
Stelsels
Klepwerking DOHC met 4 kleppe per silinder
Brandstoftipe Petrol
Superaanjaer BorgWarner eBooster®
Turboaanjaer enkelturbo tweelingveeg
Brandstofstelsel direkte inspuiting
Verkoelingstelsel Waterverkoel
Enjinlewering
Kraglewering 270–320 kW (362–429 hp)
Wringkrag 500–520 N⋅m (369–384 lb⋅ft)
Plek in geskiedenis
Voorganger Mercedes-Benz M276 enjin

Die M256 deel 'n modulêre ontwerp met ander inlynvier- en V8-enjins, wat almal 500 cc per silinder groot is. Dit gebruik 'n aluminiumalooiblok met dubbele nokasse en het 4 kleppe per silinder. Die M256 gebruik 'n 48V-elektriese stelsel om 'n BorgWarner-elektriese hulpkompressor te gebruik, wat tot 70 000 opm kan draai om die turbotraagheid te verminder. 'n Geïntegreerde aansitter-alternator bied ook tot 16 kW en 250 Nm se stukrag, en vervang die dryfbande deur die waterpomp en lugversorging te bestuur. Dit maak voorsiening vir 'n kleiner en ligter enjin.

Modelle

wysig

Enjinlewering, uitgesluit die bykomende 48 V-stelselbydrae:

Enjin Krag Wringkrag Jare
M256 E30 DEH LA GR 270 kW (362 hp)
@5 500–6 100 opm
500 Nm teen 1 600–4 000 opm 2017–
M256 E30 DEH LA G 320 kW (429 hp)
@5 900–6 100 opm
520 Nm teen 1 800–5 500 opm

Verwysings

wysig
  1. "2018 Mercedes-Benz S500 European-Spec First Drive: Ice, Ice Baby. Too Cool, Too Cool". MotorTrend. Besoek op 3 Julie 2018.