Mercedes-Benz M282 enjin
Die Mercedes-Benz M282 is 'n inlynviersilinder-petrolenjin wat sedert 2018 vervaardig word. Dit is saam met Renault ontwikkel en is die opvolger van die 1.6 L-variant van die M270-enjin.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz & Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie |
Produksietyd | 2018– |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1,3 L (1 332 cc) |
Boorwydte | 72.2 mm |
Slaglengte | 81.4 mm |
Drukverhouding | 10.6:1 |
Stelsels | |
Klepwerking | DBNA |
Brandstoftipe | Petrol |
Turboaanjaer | Enkele turbo |
Brandstofstelsel | Direkte inspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 80-120 kW |
Wringkrag | 180-250 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | M270/M274 |
Ontwerp
wysigDie M282 is ontwikkel met Renault as deel van Daimler se samewerking met die Renault–Nissan–Mitsubishi-alliansie. Die M282 deel dieselfde ontwerp met die Renault H5Ht-enjin, met 'n DBNA en direkte inspuiting. Die M282 is ook die eerste Mercedes inlynvier-enjin met silinderdeaktivering (op die tweede en derde silinders), asook 'n deeltjiefilter vir die enjin. Dit word vervaardig deur MDC Power GmbH by die Kölleda-aanleg in Thüringen, Duitsland.