Meridel Le Sueur
Meridel Le Sueur (22 Februarie 1900, Murray, Iowa – 14 November 1996, Hudson, Wisconsin[1]) was 'n Amerikaanse skryweres en kampvegter vir vroueregte wat met die proletariese literatuurbeweging van die 1930's en 1940's verbind word. Sy is gebore as Meridel Wharton en het later die familienaam van die tweede eggenoot van haar moeder, Arthur Le Sueur (1867−1950), die vroeëre sosialistiese burgemeester van Minot in Noord-Dakota, aangeneem. Meridel Le Sueur het in Kansas grootgeword, maar die grootste deel van haar lewe in Minnesota gewoon.
Meridel Le Sueur | |
---|---|
Meridel Le Sueur (in die middel) me die skryweresse Audre Lord (links) en Adrien Rich (regs) tydens 'n literêre werkswinkel in Austin, Texas in 1980 | |
Gebore | Meridel Wharton 22 Februarie 1900 |
Sterf | 14 November 1996 (op 96) Hudson, Wisconsin, VSA |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | American Academy of Dramatic Arts |
Beroep | Skryweres, aktrise, joernalis |
Bekend vir | North Star Country |
Eggenoot | Harry Rice |
Kinders | Rachel (1928), Deborah (1930) |
Ouer(s) | William Winston Wharton en Marian "Mary Del" Lucy |
Kwessies soos vroueregte en sosiale hervormings staan sentraal in haar fiksie, digkuns en joernalistiese werk. Daarnaas het sy belang gestel in die plattelandse lewe van die Amerikaanse Middelweste. Gedurende die McCarthy-tydperk, toe linkse intellektueles aan politieke vervolging blootgestel was, is haar politieke werke geswartlys, en sy moes 'n bestaan maak uit die publikasie van kinderliteratuur, doseerwerk in werkswinkels vir skrywers en 'n verskeidenheid ander baantjies.
Haar politieke werke het sedert 1970 gewild geraak by nuwe gehore. In 1996 is haar naam tot die Iowa Women's Hall of Fame bygevoeg.[2]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meridel Le Sueur.