Michael Keaton
Michael Keaton (gebore as Michael John Douglas, 5 September 1951) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het beroemd geraak danksy komedierolle en later vir sy vertolking van Batman in Batman en Batman Returns.
Michael Keaton | |
Geboortenaam | Michael John Douglas |
---|---|
Geboorte | 5 September 1951 Coraopolis, Pennsilvanië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1975–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Vroeë lewe
wysigKeaton was die jongste van sewe kinders en is in Robinson Township in Pennsilvanië gebore. Sy pa, George A. Douglas, was ’n siviele ingenieur en sy ma, Leona Elizabeth Loftus, ’n huisvrou.[1][2][3][4] Sy ma was Iers en sy pa van Engelse, Skotse en Duitse afkoms.[5][6][7]
Loopbaan
wysigKeaton het bekendheid verwerf vir sy rolle in komedies soos Night Shift (1982), Mr. Mom (1983), Johnny Dangerously (1984) en Beetlejuice (1988). Hy het ook lof gekry vir sy spel as Batman/Bruce Wayne in Batman (1989) en Batman Returns (1992). Sedertdien het hy in ’n verskeidenheid prente verskyn wat wissel van dramas en romantiese komedies tot rillers en aksieflieks soos Clean and Sober (1988), The Dream Team (1989), Pacific Heights (1990), Much Ado About Nothing (1993), My Life (1993), The Paper (1994), Multiplicity (1996), Jackie Brown (1997), The Other Guys (2010), Need for Speed (2014) en RoboCop (2014). Hy was ook die stem van karakters in prente soos Cars (2006), Toy Story 3 (2010) en Minions (2015).
Vir sy spel in Birdman (2014) het hy groot lof ingepalm, asook ’n Golden Globe vir beste akteur in ’n musiekprent of komedie, die Critics' Choice Award vir beste akteur en hy is benoem vir ’n Screen Actors Guild Award, British Academy Film Award en Oscar in dieselfde kategorie. Hy het voorheen ’n Golden Globe-benoeming gekry vir Live from Baghdad (2002) en ’n Screen Actors Guild Award-benoeming vir The Company (2007). Hy het ’n prys vir sy lewenslange bydrae gekry op die Hollywood- en die Zürich-rolprentfees.
Op 18 Januarie 2016 is hy aangewys as ’n offisier van die Orde van Kuns en Lettere in Frankryk.[8]
Filmografie
wysigJaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1978 | Rabbit Test | Matroos | |
1978 | A Different Approach | Rolprentvervaardiger | Kortfliek |
1982 | Night Shift | Bill Blazejowski | |
1983 | Mr. Mom | Jack Butler | |
1984 | Johnny Dangerously | Johnny Kelly / Johnny Dangerously | |
1986 | Gung Ho | Hunt Stevenson | |
1986 | Touch and Go | Robert "Bobby" Barbato | |
1987 | The Squeeze | Harold "Harry" Berg | |
1988 | She's Having a Baby | Homself | In ’n kameerol |
1988 | Beetlejuice | Betelgeuse | |
1988 | Clean and Sober | Daryl Poynter | |
1989 | The Dream Team | William "Billy" Caufield | |
1989 | Batman | Bruce Wayne / Batman | |
1990 | Pacific Heights | Carter Hayes | |
1991 | One Good Cop | Arthur "Artie" Lewis | |
1992 | Batman Returns | Bruce Wayne / Batman | |
1993 | Much Ado About Nothing | Dogberry | |
1993 | My Life | Robert "Bob" Jones | |
1994 | The Paper | Henry Hackett | |
1994 | Speechless | Kevin Vallick | |
1996 | Multiplicity | Douglas "Doug" Kinney/"Two"/"Three"/"Four" | |
1997 | Inventing the Abbotts | Versteller / Ouer Doug | Geen erkenning |
1997 | Jackie Brown | Raymond "Ray" Nicolette | |
1998 | Desperate Measures | Peter J. McCabe | |
1998 | Out of Sight | Raymond "Ray" Nicolette | |
1998 | Jack Frost | Jack Frost | |
2000 | A Shot at Glory | Peter Cameron | |
2003 | Porco Rosso | Porco Rosso (stem) | Engelse oorklanking |
2003 | Quicksand | Martin Raikes | |
2004 | First Daughter | President Mackenzie | |
2005 | White Noise | Jonathan Rivers | |
2005 | Game 6 | Nicholas "Nicky" Rogan | |
2005 | Herbie: Fully Loaded | Raymond "Ray" Peyton sr. | |
2006 | Cars | Chick Hicks | (stem) |
2006 | The Last Time | Ted "Theodore" | Ook uitvoerende vervaardiger |
2009 | The Merry Gentleman | Franklin "Frank" Logan | Ook regisseur |
2009 | Post Grad | Walter Malby | |
2010 | Toy Story 3 | Ken (pop) | (stem) |
2010 | The Other Guys | Kaptein Gene Mauch | |
2011 | Hawaiian Vacation | Ken (stem) | Kortfliek |
2012 | Noah's Ark: The New Beginning | Noah | (stem) |
2013 | Penthouse North | Hollander | Ook uitvoerende vervaardiger |
2014 | RoboCop | Raymond Sellars | |
2014 | Need for Speed | Monarch | |
2014 | Birdman | Riggan Thomson / Birdman | |
2015 | Minions | Walter Nelson | (stem) |
2015 | Spotlight | Walter V. Robinson | |
2016 | The Founder | Ray Kroc | In naproduksie |
Verwysings
wysig- ↑ "Michael Keaton Biography (1951–)" (in Engels). Filmreference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2019. Besoek op 24 Januarie 2012.
- ↑ A Leading Man Without Pause Geargiveer 1 Junie 2013 op Wayback Machine. The Record (Bergen County, NJ)
- ↑ Vancheri, Barbara (13 November 2002). "Obituary: Leona Douglas / Actor Michael Keaton's mother doted on her seven children". Pittsburgh Post-Gazette (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2018. Besoek op 11 Julie 2010.
- ↑ "Actor Michael Keaton is another who insists he is half-Scottish". Sunday Express (in Engels). 25 September 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2012. Besoek op 12 Desember 2007.
- ↑ Fulton, Rick (11 Junie 2010). "Michael Keaton: I dropped my phone in surprise when I was offered the role of Barbie's Ken in Toy Story 3". Daily Record. Besoek op 19 September 2010.
- ↑ "CANOE - JAM! Movies - Artists - Keaton, Michael : Michael Keaton directs 1st film". Jam.canoe.ca. 25 Januarie 2008. Besoek op 5 April 2015.
- ↑ "Michael Keaton : Biography" (in Engels). IMDb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2018. Besoek op 5 April 2015.
- ↑ "Michael Keaton Gets France's Order of Arts and Letters Honor" (in Engels). Variety. 18 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2018. Besoek op 20 Januarie 2016.
Eksterne skakels
wysig- Michael Keaton in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Michael Keaton.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia