Middelweerstandige tuberkulose
Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Middelweerstandige tuberkulose (Engels: Multi-drug resistant tuberculosis of MDR-TB) is 'n vorm van tuberkulose (TB) wat weerstand bied teen ten minste die twee algemeenste behandelingsmiddels van TB, naamlik Isoniasied (INH) en Rifampisien (RMP).
Middelweerstandige tuberkulose | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | Z16.24 [1] Middel- weerstandige tuberkulose | |
MeSH | D018088 | |
Mediese waarskuwing |
Weerstandige TB ontwikkel tydens die behandeling van antibiotika-sensitiewe TB as die dosering van antibiotika onderbreek word en die medikasievlak in die liggaam onvoldoende is om 100% van die bakterieë te dood. Dit kan gebeur as:
- Pasiënte beter voel en hulle antibiotika-kursus stop.
- Pasiënte van tyd tot tyd vergeet om hulle medikasie te neem.
- Tekorte aan medikasie soos voorraad skaars raak.
Weerstandige TB kan net so geredelik, en op dieselfde wyse as antibiotika-sensitiewe TB van persoon tot persoon versprei. Dit wek 'n uiters gevaarlike situasie.