Geelbekwou
(Aangestuur vanaf Milvus aegyptius parasitus)
Die geelbekwou (Milvus aegyptius parasitus) is 'n roofvoël wat as 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika geklassifiseer kan word. Dit is meer algemeen in Sentraal-Afrika. Hulle leef in 'n verskeidenheid habitats wat van woudrande tot grasveld wissel. Die voël is algemeen in dig bevolkte landelike woongebiede. In Engels staan die voël bekend as Yellow-billed Kite.
Geelbekwou | |
---|---|
In vlug oor die Krugerwildtuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M.a. parasitus
|
Binomiale naam | |
Milvus aegyptius parasitus Gmelin, 1788
| |
verspreiding in liggroen |
Voorkoms
wysigDie voël word 50 tot 58 cm lank en weeg 570 tot 760 gram. Dit is effens kleiner as die swartwou. Die volwasse voël het 'n donkerbruin kop en 'n heldergeel snawel. Die oë is donker rooierig.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geelbekwou.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Geelbekwou