Mind assault
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Mind Assault is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in 2004 in Somerset-Wes deur Jacques Fourie, Francois Pretorius, Patrick Davidson, Stephan Lenhoff en Donovan Tose gestig is. Hul demo, Social engineering, met die Afrikaanse liedjies Magteloos en Jy is die een, is in 2005 vrygestel. Dit is gevolg deur hul debuut-album, Stigma (2008), wat vier Afrikaanse liedjies insluit. In 2006 het hulle saam met SacriFist deur Suid-Afrika getoer, en in 2008 saam met internasionale groepe soos Devil Driver (VSA), Carcass (VK), en Nile (VSA) gespeel. (Mind Assault 2010). 'n Afrikaanse snit, Stadig verblind, van hul album, Stigma, is ook op Kopskoot! ingesluit.
Mind assault | |
---|---|
Oorsprong | Somerset-Wes |
Genres | Heavy metal |
Jare aktief | 2004- |
Lede | Jacques Fourie Francois Pretorius Patrick Davidson Stephan Lenhoff Donovan Tose |
Verwysings
wysig- Mind Assault. 2010. www.mindassault.com (9 Julie 2010 geraadpleeg).
- Senekal, B.A. 2011. Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. LitNet Akademies, 8(1), Maart. http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=98580&cat_id=201 Geargiveer 27 September 2011 op Wayback Machine
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Litnet-artikel oor Afrikaanse Metal Geargiveer 27 September 2011 op Wayback Machine