Sabotalewerik
(Aangestuur vanaf Mirafra sabota)
Die sabotalewerik (Calendulauda sabota) is 'n algemene amper-endemiese standvoël in suider-Afrika. Dit is 'n algemene spesie van dorre savanne, Karoo, Nama-Karoo, die bosveld en laeveld. Die voël is 15 cm groot en weeg 21 – 31 gram. Die subspesies in die droë weste (C. s. naevia, C. s. waibeli, C. s. bradfieldi en C. s. herero) het opmerklik dikker snawels as die subspesies (C. s. sabota, C. s. waibeli, C. s. ansorgei, C. s. sabotoides en C. s. suffusca) van meer vogtige habitats in die ooste en noorde. In Engels staan dit as die sabota lark bekend.
Sabotalewerik | |
---|---|
C. s. suffusca in die Krugerwildtuin en die roep van C. s. sabota in Gauteng | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Alaudidae |
Genus: | Mirafra |
Spesie: | M. sabota
|
Binomiale naam | |
Mirafra sabota Smith, 1836
| |
verspreiding | |
Sinonieme | |
|
Galery
wysig-
C. s. bradfieldi naby Ritchie, Noord-Kaap
(dik snawel) -
C. s. waibeli in Etosha Nasionale Park, Namibië
(dun snawel)
Sien ook
wysigBron
wysig- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2008). Mirafra sabota. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 11 Mei 2009.