Misverstanddam
Die Misverstanddam lê in die Bergrivier in die omgewing van Koringberg en Porterville. Hierdie dam is gebou in 1977, het 'n maksimum volume van 6 400 000 m3 en oppervlakte van 255 ha. Die dam is nou en het 'n lengte van 10 km as hy vol is. Die wal se hoogte is 26 m. Dit voorsien water aan dorpe in die Weskus-distriksmunisipaliteit wat die munisipaliteite van Bergrivier, Saldanha en Swartland insluit. In die winter is daar op die oewers geel canolalande en soms sneeu op die pieke van die Witzenberg en die Groot-Winterhoekberge in die verte. Wind maak die dam dan soms te ontstuimig om te roei of te waterski.
Misverstanddam | |
---|---|
Amptelike naam | Misverstanddam |
Ligging | Porterville, Wes-Kaap |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | |
Dam in | Bergrivier |
Doel | Besproeiing |
Openingsdatum | 1977 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Hoogte van wal | 26 m |
Bakmaat | 6,4 miljoen m3 |
Reservoir | Misverstanddamreservoir |
Damoppervlak | 255 ha |