Moldau
Die Moldau (Tsjeggies: Vltava, histories Wulda - afgelei van die Germaanse Wilth-ahwa "wilde, onstuimige water"), soms ook "Boheemse See" genoem, is die langste rivier in Tsjeggië en 'n syrivier van die Elbe. Die rivier het 'n lengte van 430 kilometer en dreineer 'n stroomgebied met 'n oppervlakte van 28 090 km² met 'n gemiddelde afloop van 149,9 m³/s by sy monding.
Moldau-rivier | |
---|---|
Die Moldau in Praag. | |
Die stroomgebied van die Moldau. | |
Oorsprong | Warm Moldau, Koue Moldau - Boheemse Woud (Šumava) |
Monding | Elbe naby Mělník |
Stroomgebied | Tsjeggië |
Lengte | 430 km (267 myl) |
Oorspronghoogte | 1 172 m (3 845 voet) |
Mondinghoogte | 155 m (509 voet) |
Gemiddelde afloop | 149,9 m³/s (5 294 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 28 090 km² (10 846 myl²) |