Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran (2003, Afrikaans Meneer Ibrahim en die blomme van die Koraan) is op die gelyknamige boek deur die Franse skrywer Éric-Emmanuel Schmitt gebaseer.
Monsieur Ibrahim | |
---|---|
Regisseur | François Dupeyron |
Vervaardiger | Laurent Pétin Michèle Pétin |
Draaiboek | François Dupeyron Draaiboek en Roman: Éric-Emmanuel Schmitt |
Met | Omar Sharif Pierre Boulanger Gilbert Melki Isabelle Renauld Lola Naymark Isabelle Adjani |
Kinematografie | Rémy Chevrin |
Redigeerder | Dominique Faysse |
Verspreider | Sony Pictures Classics (VSA) |
Uitgereik | 17 September 2003 |
Speeltyd | 94 min |
Land | Frankryk |
Taal | Frans |
Begroting | $11,576,431 [1] |
IMDb-profiel |
Die regisseur François Dupeyron skep met sy film 'n pleidooi vir verdraagsaamheid en 'n inleiding tot die filosofie van die soefisme. Omar Sharif ontvang vir sy rol die toekenning César en die prys vir die beste hoofrolspeler by die filmfees van Venesië.
Bederwingswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.
Moïses (genoem Momo, Pierre Boulanger) is 'n jong Joodse seun wat teen die einde van die vyftigerjare in die agterbuurte van die Paryse Bloustraat grootword. Die seun kry hoegenaamd geen liefde van sy depressiewe vader nie, en sy enigste vermaak is om met die prostitute van sy straat te vry. Om dit te kan bekostig, steel hy gereeld iets in die kruidenierswinkel van Meneer Ibrahim (Omar Sharif), 'n Turkse immigrant wat as die "Arabier" bekend staan. Ibrahim duld die diefstalle stilletjies en begin om die seun iets oor die geheime van geluk te leer. Momo leer dinge soos hoe om aan Brigitte Bardot 'n peperduur botteltjie sodawater te verkoop of wat 'n glimlag kan bewerkstellig. Vir Meneer Ibrahim is die Koran 'n bron van geluk en wysheid. Ná die selfmoord van Momo se vader, neem Ibrahim Momo as sy seun aan. Hy koop 'n sportkar en Momo vergesel hom dwarsdeur Europa sodat Meneer Ibrahim nog 'n keer sy Turkse vaderland kan sien.