Montoe
Montoe was in die Egiptiese mitologie ’n god van oorlog wat dikwels uitgebeeld is as ’n man met die kop van ’n valk. Hy was ’n antieke god, oorspronklik ’n manifestasie van die skroeiende uitwerking van die son, Ra, en is ook dikwels Montoe-Ra genoem. Sy vernietigende aard het hom later die eienskappe van ’n vegter en eindelik van ’n oorlogsgod besorg.
Montoe | |||||
Montoe, die Egiptiese god van oorlog. Hy is gewoonlik uitgebeeld met die kop van ’n valk, twee pluime en die son. | |||||
Soort god | Egipties | ||||
God van | Oorlogvoering, die son en dapperheid | ||||
Naam in hiërogliewe |
| ||||
Kultussentrum | Thebe | ||||
Simbool | Son, mes | ||||
Metgesel | Raet-Tawy, Tenenet, Ioenit | ||||
|
Vanweë die verbintenis van bulle met krag en oorlog, het Montoe dikwels verskyn as ’n wit bul met ’n swart gesig, waarna as die bacha verwys is. Egipte se grootste generaal-konings het hulself dikwels genoem "sterk bulle, die seuns van Montoe".
In die kuns van Antieke Egipte is hy uitgebeeld as ’n man met die kop van ’n valk of ’n bul met die son en twee pluime op sy kop; die valk het die lug verteenwoordig en die bul krag en oorlog. Hy sou ook ’n verskeidenheid wapens, soos ’n mes of ’n pyl en boog, vashou.
Montoe het verskeie vroue gehad, onder andere Tenenet, Ioenit en ’n vroulike vorm van Ra, Raettawy.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Wilkinson, Richard H. (2003). The Complete Gods and Goddesses of Ancient Egypt. Thames & Hudson. pp. 150, 203
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Montoe.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia