Montréal, Yonne
Montréal is 'n munisipaliteit (commune) in die Franse département Yonne (gewes Boergondië-Franche-Comté).
Montréal | |
---|---|
Middeleeuse straat in Montréal | |
Koördinate: 47°32′35″N 4°02′12″O / 47.54306°N 4.03667°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Boergondië-Franche-Comté |
Département | Yonne |
Arrondissement | Avallon |
Kanton | Chablis |
Regering | |
• Burgemeester | Michel Gchweinder |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,41 km2 (2,86 vk. myl) |
Hoogte | 199–305 m (653–1 001 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 195 |
• Digtheid | 26/km2 (70/vk. myl) |
Poskode | 89420 |
Skakelkodes | 89267 |
Webwerf | montreal-en-bourgogne.com |
Geografie
wysigMontréal is op 'n heuwel bo-oor die Sereinrivier en sowat tien kilometer oos van Avallon geleë.
Geskiedenis
wysigMontréal pronk met 'n geskiedenis wat tot die 6de eeu teruggaan. Destyds het koningin Brunehilde hier gebly. Die dorp is in 888 deur Noormanne ingeneem. In die 11de eeu het die magtige Anséric-gesin Montréal oorheers. In die 13de eeu is die dorp versterk. Op die heuwel van Montréal het destyds ook 'n kapittelkerk ontstaan.
Koning Frans I van Frankryk het 'n tyd lank in Montréal gebly. Die kasteel en versterkings van die dorp is later op bevel van koning Hendrik IV van Frankryk afgebreek.