Mooirivier (Tugela-sytak)
sytak van Tugela in KwaZulu-Natal
- Hierdie artikel handel oor die rivier, vir die dorp met dieselfde naam, sien Mooirivier (KwaZulu-Natal).
Die Mooirivier is 'n rivier sentraal in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en 'n sytak van die Tugelarivier.
Mooirivier | |
---|---|
Die watervalle in die rivier.
| |
Stroomgebied | KwaZulu-Natal |
Oorsprong | Drakensberge |
Monding | Tugelarivier |
Monding-hoogte | 500 m |
Koördinate: 28°45′47″S 30°34′5″O / 28.76306°S 30.56806°O |
Die rivier ontspring in die Mkomazi Natuurreservaat in die Drakensberge en vloei van daar in 'n oos- na noordoostelike rigting, om naby die dorpie Muden by die Tugelarivier aan te sluit.[1] Die gelyknamige dorp Mooirivier is op die oewers van die rivier uitgelê.
Eksterne skakel
wysig- Google-kaart van die Mooirivier se monding by Geonames.org (cc-by)
Verwysings
wysig- ↑ (en) Rivers in South Africa – e-wise Geargiveer 22 Junie 2011 op Wayback Machine