Mtamvunarivier
Die Mtamvunarivier is 'n groot rivier wat die binnelandse grens vorm tussen die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal in Suid-Afrika. Die rivier het 'n breë Indiese Oseaan-monding net suid van Port Edward, wat dit ideaal maak vir motorboot- en ander watersporte.
Mtamvunarivier Umtamvuna | |
---|---|
Die kloof van die Mtamvunarivier
| |
Stroomgebied | Oos-Kaap/KwaZulu-Natal Suid-Afrika |
Oorsprong | Naby Weza Bosreservaat |
Monding | Indiese Oseaan |
Lengte | 162 km |
Oorsprong-hoogte | 1820 m |
Monding-hoogte | 0 m |
Stroomgebiedopp. | 1553 km² |
Koördinate: 31°4′49″S 30°11′42″O / 31.08028°S 30.19500°O |
Die Mtamvunarivier is ongeveer 162 km lank met 'n opvanggebied van ongeveer 1 553 km². Die naam beteken "die nemer van mondevol" in Xhosa as gevolg van die skade wat die rivier veroorsaak tydens vloede.
Oorlewering vertel dat enige persoon wat nie sy sonde bely voor hy die rivier oorsteek nie, sal deur die watergeeste weggevoer word. Dit is skynbaar ook die tuiste van meerminne; hulle word gereeld waargeneem waar hul op maanlig-aande in die water baljaar.
Geskiedenis
wysigGeskiedkundig en polities is die Mtamvunarivier die noordelike grens van Pondoland.[1]
In 1552 het 'n Portugese skip naby die monding van die Mtamvunarivier gesink en plaaslike bevolking het probeer handel dryf met die seevaarders wat van die skip gered is.[2]
Ekologie
wysigDie Umtamvuna Natuurreservaat is 'n bewaringsgebied aan die KwaZulu-Natalkant van die Mtamvunarivierkloof.[3] Die rivier maak 'n deel uit van die Mvoti-tot-Umzimkulu Waterbestuursarea.[4]
Sien ook
wysigBronne
wysig- T.V. Bulpin: Illustrated guide to southern Africa. Reader’s Digest Ass. South Africa, Kaapstad 1985, ISBN 0-947008-17-9
Verwysings
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Mtamvuna River. |