Mtwalumerivier
Die Mtwalumerivier of Umtwalumirivier is 'n rivier wat in die suide van KwaZulu-Natal vloei.
Mtwalumerivier Umtwalumirivier | |
---|---|
Stroomgebied | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Monding | Indiese Oseaan |
Monding-hoogte | 1 m |
Koördinate: 30°29′19″S 30°38′0″O / 30.48861°S 30.63333°O |
Dit ontspring 56 km na die binneland by Ixopo. Die dorpie Mtwalume aan die suidkus is op sy oewers geleë. Die naam verwys na 'n sekere boomsoort wat aan die oewers groei wat die Zoeloes as 'n tradisionele middel teen disenterie gebruik.