Mufulira is 'n Zambiese mynstad aan die suidelike grens van die huidige Demokratiese Republiek van die Kongo (die eertydse Belgiese Kongo) en is een van die vier groot plekke wat geheel en al danksy die ontdekking van koper hier in 1902 ontstaan het. Daar is eers in 1925 met die ontginning van koper begin. Sowat 10 000 blankes het van daardie jaar tot 1930 na dié deel van Zambië gestroom en hoewel hulle getalle met die Groot Depressie afgeneem het, het dit daarna tot en met onafhanklikwording skerp toegeneem.

Mufulira
Mufulira is in Zambië
Mufulira
Mufulira
Koördinate: 12°33′0″S 28°14′0″O / 12.55000°S 28.23333°O / -12.55000; 28.23333
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieKoperstreek
Bevolking
 • Totaal125 336
TydsoneUTC+2 (SAST)
'n Ornament van koper wat hier ontgin is.

In 1959 was die bevolking van 59 343, waarvan 7 312 blankes was. Tans (2010) is dit 141 270, oftewel die sewende grootste stad in Zambië.

Maatskaplike probleme

wysig

Net soos Chingola, gaan Mufulira gebuk onder werkloosheid van sowat 60% en is 'n sprekende voorbeeld van Zambië se algemene probleme. Die mynbou lok ongeskoolde werkersoekers, maar weens die hoë werkloosheidsyfer brei plakkersbuurte aan die stad se buitewyke vinnig uit, onder meer Muambe, wat die regering weier om te erken en wat dus nie baat vind by enige regeringsbystand nie. Daarom bou hy byvoorbeeld geen skole of hospitale in die buurt nie en verleen geen maatskaplike hulp aan buurtbewoners nie. Só het die buurt die middelpunt van die stad se informele ekonomie geword, maar ook 'n vrugbare teelaarde vir misdaad. Dit het ook die hoogste bevolkingsaanswas en werkloosheid van enige deel van Mufulira.

Mynbou

wysig

Die Mufulira-myn word deesdae besit en bedryf deur Mopani Copper Mines en bied werk aan 10 000 heeltydse werknemers. Dit het in 2007 300 000 ton koperstawe gelewer ná die Suid-Afrikaanse ingenieursfirma Vela VKE die kopersmelter gerehabiliteer het. Die myn kon egter nog nie sy hoogtepunt van 1969, toe dit van Zambië die vierde grootste koperprodusent ter wêreld help maak het, ewenaar of verbeter nie.

Sport

wysig

Mufulira is die tuisstad van die sokkerklub Mufulira Wanderers, wat meermale Zambië se nasionale kampioenspan opgelewer het.

Sien ook

wysig
  • George, K.J. (red.), Official South African Municipal Year Book 1961-1962, Pretoria, 1962.