Murrayrivier
Die Murrayrivier (Engels: Murray River, in Suid-Australië River Murray) is met 'n lengte van 2 508 km Australië se grootste rivier.[1] Dit is 'n wes-vloeiende rivier en loop deur die drie Australiese deelstate Nieu-Suid-Wallis, Victoria en Suid-Australië.
Murrayrivier | |
---|---|
Die Murrayrivier naby die Murraybrug, Suid-Australië. | |
Die stroomgebied van die Murrayrivier. | |
Oorsprong | Australiese Alpe, Nieu-Suid-Wallis, Victoria, Australië Groot Skeidingsgebergte |
Monding | oos van Adelaide, Suid-Australië Suidelike Oseaan |
Stroomgebied | Nieu-Suid-Wallis, Victoria, Suid-Australië (Australië) |
Lengte | 2 508 km (1 558 myl) |
Oorspronghoogte | 902 m (2 959 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 767 m³/s (27 086 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 1 061 469 km² (409 835 myl²) |
Die Murrayrivier ontspring in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte. Aansluitend vorm die rivier in sy grootste geheel die grens tussen Victoria in die suide en Nieu-Suid-Wallis in die noorde en mond net oos van Adelaide in die Indiese Oseaan, op Australiese kaarte dikwels Suidelike Oseaan genoem, uit.[2]
Sytakke van die rivier is die Murrumbidgee en die Darlingrivier.
Verwysings
wysig- ↑ "(Australia's) Longest Rivers" (in Engels). Geoscience Australia. 10 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014. Besoek op 13 Junie 2014.
- ↑ (en) "The Murray Mouth". Murray-Darling Basin Commission. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2007. Besoek op 20 September 2007.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Murrayrivier.
- (en) "Murray River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 April 2019.