Musée d'Orsay
Die museum se hoofsaal
| |
Plek | Parys |
---|---|
Land | Frankryk |
Openingsjaar | 1986 |
Tipe museum | Kunsmuseum |
Webtuiste | www.musee-orsay.fr |
Die Orsay-museum (Frans: Musée d'Orsay) is 'n groot museum in die hart van Parys, Frankryk op die linkeroewer van die Seinerivier. Dit is ook een van die grootste kunsmuseums in Europa. Die gebou was voorheen die Orsay-treinstasie (Frans: ''Gare d'Orsay''), wat tussen 1898 en 1900 in 'n Beaux-Arts argitektoniese styl gebou is. Hierdie museum beskik meestal oor Franse kunswerke wat tussen 1848 en 1914 gedateer is, insluitend skilderye, beeldhouwerke, meubels en foto's. Die museum het die grootste versameling impressionistiese en post-impressionistiese meesterstukke in die wêreld, onder andere deur skilders soos Berthe Morisot, Claude Monet, Édouard Manet, Degas, Renoir, Paul Cézanne, Seurat, Sisley, Paul Gauguin, Gustave Courbet en Vincent van Gogh. Baie van hierdie kunswerke was voor die Orsay-museum se opening in 1986 in die Jeu de Paume-galery gehuisves.
In 2022 het die museum 3,2 miljoen besoekers gehad, teenoor 1,4 miljoen in 2021. Dit was die sesde mees besoekte kunsmuseum in die wêreld in 2022 en die tweede mees besoekte kunsmuseum in Frankryk, naas die Louvre.[1][2]
Galery
wysig-
Die gebou c.1900 toe dit nog 'n treinstasie was.
-
Die hoof passasiersaal van die treinstasie (1920).
-
Passasiers wag op die platform onder 'n luidspreker (1924).
-
'n Postkaart van 1909 wat die kaai langs die Seine en die buitekant van die Gare d'Orleans uitbeeld.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Musée d'Orsay.
- (fr) Musée d'Orsay