Koeboebessie
plantspesie
(Aangestuur vanaf Mystroxylon aethiopicum)
Die Koeboebessie (Mystroxylon aethiopicum) - voorheen Cassine aethiopica - is 'n plant wat wissel van 'n groot bos tot 'n middelgroot boom. In Engels staan die boom bekend as die Kooboo-berry of Bushveld cherry. Die boom kom voor aan die suidkus van Suid-Afrika vanaf Mosselbaai, die ooskus, noorde van Gauteng en Noordwes, Mpumalanga, Limpopo en sentraal Zimbabwe. Die vrugte is tot 2 cm lank en eetbaar en soet. Die blaarrand is getand met 'n klein, bruin kliertjie aan die punt van elke tand.
Koeboebessie | |
---|---|
Mystroxylon aethiopicum subsp. burkeanum op die Bronberg, Gauteng | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. aethiopicum
|
Binomiale naam | |
Mystroxylon aethiopicum (Thunb.) Loes.
|
Subspesies
wysigRyp vrugte van die hoëveldkoeboebessie, Mystroxylon aethiopicum subsp. burkeanum, is pienkerig of oranje.
-
blomme, midsomer -
ryp vrugte, April
Ryp vrugte van die bosveldkoeboebessie, Mystroxylon aethiopicum subsp. schlechteri, is helderrooi.
-
stam -
groen vrugte, herfs -
ryp vrug, winter
Sien ook
wysigBron
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8