Rooi Spinnekopnewel

(Aangestuur vanaf NGC 6537)

Die Rooi Spinnekopnewel (ook genoem NGC 6537) is 'n planetêre newel naby die middel van die Melkweg, in die noordweste van die sterrebeeld Boogskutter.[2] Dit het 'n permanente tweelobbige voorkoms, moontlik vanweë 'n dubbelstermetgesel of magneetvelde en het 'n S-vormige simmetrie van die lobbe – die lobbe teenoor mekaar lyk dieselfde. Dit is vermoedelik vanweë die teenwoordigheid van 'n metgesel van die sentrale witdwerg. Die gasbanke van die twee lobbe is egter nie glad nie, maar gerimpel op 'n ingewikkelde manier.[2]

Rooi Spinnekopnewel
Die tweepolige planetêre newel NGC 6537 by die La Silla-sterrewag afgeneem.[1]
Die tweepolige planetêre newel NGC 6537 by die La Silla-sterrewag afgeneem.[1]
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Boogskutter
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 05m 13.1s
Deklinasie -19° 50′ 35″
Magnitude 13
Besonderhede
Skynbare grootte 1,5 boogminute
Ander name
NGC 6537
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde
Die Rooi Spinnekopnewel deur die Hubble-ruimteteleskoop afgeneem.

Die sentrale witdwerg, die oorblywende kompakte kern van die oorspronklike ster, skep 'n sterk, warm wind (≈10 000 K) wat teen 300 km/s waai en golwe van 100 miljard kilometer hoog veroorsaak. Die golwe word geskep deur supersoniese skokke wat vorm wanneer die plaaslike gas voor die vinnig uitsittende lobbe saamgepers en verhit word. Atome wat in die skokke vasgevang word, straal 'n sigbare lig uit.[3] Dit is dié winde wat aan die newel sy kenmerkende spinnekopvoorkoms gee en bydra tot die uitsetting van die newel.[4]

Die ster in die middel van die newel word deur 'n stofwolk omhul en dit bemoeilik die bepaling van sy presiese eienskappe. Sy oppervlaktemperatuur is moontlik 150 000 tot 250 000 K,[5] hoewel 'n temperatuur van 340 000 K of selfs 500 000 K nie uitgeskakel word nie. Dit is dus een van die warmste witdwerge bekend.

Die Rooi Spinnekopnewel lê naby die sterrebeeld Boogskutter. Sy afstand is al geraam op 1 900 ligjare[4][6] of, waarskynliker, 3 000 tot 8 000 ligjare.[5]

Verwysings

wysig
  1. "Bizarre Alignment of Planetary Nebulae". ESO Press Release. Besoek op 6 September 2013.
  2. 2,0 2,1 "The Red Spider Nebula, a planetary nebula in Sagittarius". 15 Oktober 2012.
  3. "Red Spider Nebula". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 27 Januarie 2015.
  4. 4,0 4,1 "Red Spider Nebula (NGC 6537)". Encyclopedia of Science, The Worlds of David Darling. Besoek op 16 Julie 2014.
  5. 5,0 5,1 Matsuura, M. (Oktober 2005). "The symmetric dust shell and the central star of the bipolar planetary nebula NGC 6537". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 363 (2): 628–640. arXiv:astro-ph/0507641. doi:10.1111/j.1365-2966.2005.09464.x. S2CID 17118987.
  6. "The Red Spider Nebula: Surfing in Sagittarius - not for the faint-hearted!". ESA/Hubble-ruimteteleskoop. 24 Julie 2001. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2009. Besoek op 16 Julie 2014.

Skakels

wysig