NGR Klas N 4-6-2T (1906)
Die Natalse Regerinspoorweë (NGR) Klas H 4-6-2T lokomotief van 1906 is 'n Suid-Afrikaanse smalspoor tenklokomotief wat in die eerste dekade van die twintigste eeu in die Natalkolonie ontwerp is.
NGR Klas N 4-6-2T no. 2 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Natalse Regeringspoorweë |
Vervaardiger | Hunslet Engine Company |
Serienommer | 892-893 |
Klas | NGR: Klas N |
Vervaardig | 1906 |
Aantal gebou | 2 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-6-2T "Pacific" |
Spoorbreedte | 610mm (2 vt 0 dm) |
Voorwielomtrek | 457 mm (18 dm) |
Dryfwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Agterwielomtrek | 508 mm (20 dm) |
Wielbasis | 5,182 m Totaal 1,067 m boegie 1,753 m koppeling |
Lengte | 7,328 m oor koppelaars |
Hoogte | 2,858 m |
Raamwerk | Platraam |
Asbelasting | 5,6 t op die vierde drywer |
Lokomotiefmassa | 24,3 t |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 760 kg |
Waterkapasiteit | 3 400 liter |
Stoomketeldruk | 1140 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 1,022 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 292 mm (111⁄2 dm) boor 381 mm (15 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | Teen 75% keteldruk 36 kN |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Natalse Regeringspoorweë Suid-Afrikaanse Spoorweë Moçâmedes Spoorweë |
Aantal in klas | 2 |
Vlootnommer(s) | NGR: 1,2 SAS: NG1, NG2 |
Afleweringsdatum | 1906 |
Eerste tog | 1906 |
Onttrekkingsdatum | 1915 |
In April 1906 is twee 4-6-2T tenklokomotiewe deur die NGR tussen Estcourt en Weenen in diens gestel. Hulle kry die nommers "NG1" en "NG2" en is as klas "N"-lokomotiewe geklassifiseer.[Nota 1] Toe die lokomotiewe na die Suid-Afrikaanse Spoorweë oorgedra is, is hulle nie geklassifiseer nie, maar hulle het hul nommers behou. In 1915 is die lokomotiewe aan die Moçâmedes Spoorweë van Portugees-Wes-Afrika (Angola) verkoop.[2][3][4]
Notas
wysig- ↑ "NG" = "Narrow Gauge"
Verwysings
wysig- ↑ "2ft 0in SAR Unclassed NG1 & NG2 Hunslet Tank Locomotive Specifications" (in Engels). SAR Steam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 14 September 2015.
- ↑ Klassifikasie van S.A.R. lokomotiewe met hernommerlyste, uitgereik deur die Kantoor van die Hoofmeganiese Ingenieur, Pretoria, Januarie 1912, pp. 9, 12, 14, 34 (Herdruk in April 1987 deur SATS Museum, R.3125-6/9/11-1000)
- ↑ Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. pp. 110–111, 157. ISBN 0869772112.
- ↑ (en) Dulez, Jean A. (2012). Railways of Southern Africa 150 Years (Commemorating One Hundred and Fifty Years of Railways on the Sub-Continent – Complete Motive Power Classifications and Famous Trains – 1860–2011) (1st uitg.). Garden View, Johannesburg, South Africa: Vidrail Productions. p. 231. ISBN 9 780620 512282.