NG gemeente Carletonville-Suid
Die NG gemeente Carletonville-Suid is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).
Die gemeente is in 1959 gestig. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Aster- en Aloestraat, Carletonville. In 2015 was die leraar ds. J.J. Coetzer. Hier was in 2013 191 doop- en 550 belydende lidmate, dieselfde getalle wat steeds in die 2016-uitgawe van die NG Kerk se Jaarboek aangegee word. In die uitgawe van 2021 was dit 71 en 331.
Bronne
wysig- Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.