Carletonville
Carletonville is 'n dorp in die weste van Gauteng bekend om sy goudmyne. Die gebied is een van die rykste goud-produserende gebiede ter wêreld. Die Mponeng-myn (bekend as Western Deep Levels-myn voor 1999[2] se operasionale diepte wissel tussen 3.16km en 3.84km diep, met verwagte uitbreidings wat die diepte tot so diep as 4.27km kan neem. Mponeng is tans die wêreld se diepste myn.[3]
Carletonville | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 26°21′29″S 27°23′53″O / 26.35806°S 27.39806°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Distrik | Wesrand |
Munisipaliteit | Merafong City |
Stigting | 1960 |
Oppervlak | |
• Totaal | 35,14 km2 (13,57 vk. myl) |
Hoogte | 1 529 m (5 016 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 23 000 |
• Digtheid | 655/km2 (1 700/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 27.4% |
• Indiërs/Asiërs | 1.3% |
• Bruin mense | 0.9% |
• Swart mense | 70.1% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 24.9% |
• Xhosa | 19.8% |
• Tswana | 13.2% |
• Sotho | 13.2% |
• Ander | 28.9% |
Poskode (strate) | 2500 |
Poskode (posbusse) | 2499 |
Skakelkode | 018 |
Geskiedenis
wysigDie dorp is deur verskeie mynmaatskappye ontwikkel vanaf 1937, en is vernoem na 'n bekende myndirekteur van Consolidated Gold Fields, Carleton Jones. Die dorp is 1948 geproklameer en het in 1959 munisipale status verkry.
Carletonville is tans deel van die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit.
Hier woon 165 000 mense. Die dorp is net noord van die N12 nasionale pad.
Omgewing
wysigSowat 10 km oos van die dorp is die Wonderfontein wat die bron is van die Mooirivierloop, 'n sytak van die Mooirivier.
Noemenswaardige boorlinge
wysig- Brian McMillan, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- Keith Lindsay, radio-omroeper (5fm).
- Jaque Fourie, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- Neena, 'n Suid-Afrikaanse pornografie-ster.
- Vern Kent, Suid-Afrikaanse akteur (aka "die Swart Kat").
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Carletonville". Sensus 2011.
- ↑ (en) "Mponeng Gold Mine by NS Energy". NS Energy. Besoek op 5 Oktober 2020.
- ↑ (en) "The top ten deepest mines in the world". Mining Technology. 5 Junie 2020. Besoek op 5 Oktober 2020.