Nagwolf

'n persoon wat geneig is om tot laat in die nag wakker te bly
(Aangestuur vanaf Naglopers)

’n Nagwolf, naguil of nagloper is die benaming wat aan ’n persoon toegeskryf word wat die neiging het om tot laat in die aand wakker te bly. ’n Woord-eweknie vir hierdie omskrywing is aandmens.

Uile, soos hierdie een in Pole, is vir hul nagtelike gewoontes bekend.

Die benaming kan aan die hoofsaaklik nagtelike gewoontes van die wolf of uil toegeskryf word. Gewoonlik bly mense wat nagwolwe is tot ná middernag wakker, terwyl hulle in uiterste gevalle tot net voor of ná sonsopkoms aan die gang bly. Naguile het die neiging om die meeste bedrywig of werklustig te voel voordat hulle gaan slaap in die aand.

Party nagwolwe het ’n voorkeur of neiging om tot laat wakker te bly, of om nagskofte te werk. Naguile wat dagskof onderneem, het dikwels die moeilikheid om betyds by hul werk op te daag. Sommige nagwolwe wat dit bitter moeilik vind om by die normale slaap- en opstaanpatrone aan te pas, kan aan die "uitgestelde slaapfasesindroom" ly.

Die teenoorgestelde van ’n naguil is ’n vroegopstaner, wie geneig is om teen ’n sekere tyd, wat gewoonlik as ‘vroeg’ bestempel word, te gaan slaap, sowel as om vroeg uit die vere te wees. In etlike lande word vroegopstaners as “A-mense” bestempel, terwyl nagwolwe “B-mense” genoem word. [1][2] Navorsers gebruik gewoonlik die terme ‘morningness’ (oggendheid) en ‘eveningness’ (aandheid). [3]

Voorkoms

wysig

Gesprekvoering en navorsing rakende die voorkoms van oggend, aand, middelmatige of gemiddelde chronotipe persone, maak van verskeie maatstawwe gebruik en kom tot verskillende gevolgtrekkings. Party vra wanneer die persone gaan slaap en wakker word; ander vra weer watter tydgleuwe die persone sou verkies het. ’n Opname van oor die 400 volwassenes het getoon dat 15% vroegopstaners, 25% naguile en 60% middelbaar is. [4]

Verwysings

wysig
  1. James, Kyle (1 Maart 2007). "Late Sleepers in Denmark Rally for Societal Change" (in Engels). Deutsche Welle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2012. Besoek op 1 November 2009.
  2. Morris, Chris (14 Junie 2007). "Late risers unite in Denmark" (in Engels). BBC News Channel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2020. Besoek op 1 November 2009.
  3. Horne JA, Östberg O (1976). "A self-assessment questionnaire to determine morningness-eveningness in human circadian rhythms". Int J Chronobiol. 4 (2): 97–110. PMID 1027738.
  4. Schur, Carolyn (1994). "excerpt". Birds of a Different Feather. Saskatoon, Canada: Schur Goode Associates. ISBN 0969819005. {{cite book}}: |access-date= requires |url= (hulp); |archive-url= requires |url= (hulp); Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.