Namakwalandse madeliefie
Die Namakwalandse madeliefie (Dimorphotheca sinuata) is 'n eenjarige blomplant en is Suid-Afrika se gewildste lenteblom. Die spesie is inheems, maar nie endemies aan Suid-Afrika nie. Dit kom in die Wes-, die Noord-Kaap en Namibië voor. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.[1]
Namakwalandse madeliefie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. sinuata
|
Binomiale naam | |
Dimorphotheca sinuata DC., (1838)
| |
Sinonieme | |
|
Blomtyd is Julie tot September. Die blomme is groot en oranje of geel en gaan slegs in sonlig oop. Hulle draai altyd na die son. Die plant verkies vol son en matige water. Dit staan ook as die jakkalsblom, jakkalsbloubossie en Namakwalandse gousblom bekend.
Galery
wysigVerwysings
wysig- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
Bronne
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Dimorphotheca sinuata. |
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
- Plants of the World Online