Die Namakwalewerik (Spizocorys sclateri) is 'n skaars, endemiese standvoël en gedeeltelike nomade in dorre Nama-Karoobossieveld met 'n voorkeur vir klipvlaktes. In Engels staan die voël bekend as die Sclater's lark. Die voël se status is byna-bedreigd.

Namakwalewerik
Botha Calandrella Gronvold.jpg
S. sclateri (regs)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. sclateri
Binomiale naam
Spizocorys sclateri
(Shelley, 1902)
Spizocorys sclateri distribution map.png
verspreiding

IdentifikasieWysig

Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 17 - 21 gram. Die voël is kompak met 'n stewige snawel. Dit is geelbruin met 'n kenmerkende traanmerk onder die oë. Dié voël verskil van die Woestynlewerik deurdat dit nie 'n kuif het nie.

Sien ookWysig

BronneWysig

VerwysingsWysig

  1. BirdLife International (2012). "Spizocorys sclateri". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.AS1-onderhoud: ref=harv (link)