Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap
Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA, een van die tien opvolgorganisasies van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede en sy voorganger die Historiese Monumentekommissie) is 'n statutêre liggaam wat gestig is onder die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999) as die administratiewe liggaam wat verantwoordelik is vir aspekte van Suid-Afrika se kulturele erfenis op nasionale vlak. Verantwoordelikheid vir voormalige nasionale gedenkwaardighede val sedert 1 April 2000 onder die nege provinsiale erfenishulpbronowerhede.[1]
SAEHA en lede van die publiek is welkom om plekke te identifiseer wat hulle voel so uniek is dat dit nasionale betekenis het om in aanmerking te kom om as nasionale erfenisterrein verklaar te word. 'n Kenteken word aangebring op plekke wat suksesvol genomineer is.
Sien ook
wysig- Genootskap Oud-Pretoria (1949)
- Noord-Kaapse erfenisterreine
- Stigting Simon van der Stel
Verwysings
wysig- ↑ Sek 58, Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, Wet 25 van 1999
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met South African Heritage Resources. |
- SAEHA tuisblad Geargiveer 24 Junie 2011 op Wayback Machine
- Databasis Geargiveer 31 Desember 2008 op Wayback Machine