Natuurkundige konstante
In die wetenskap is ’n natuurkundige konstante ’n fisiese grootheid waarvan die waarde nooit verander nie, byvoorbeeld ligsnelheid in ’n vakuum. Dit verskil van ander fisiese groothede soos temperatuur, druk en elektriese veldsterkte, wat in tyd en plek kan verskil. Met die hersieining van die SI-stelsel, is vyf van hierdie konstante vasgestel. Vanuit hul waarde is vyf van die maateenhede van SI-stelsel gedefinieëer.
Vaste Konstantes
wysigGedurende die negentiende en twintigste eeu is verskillende natuurkundige konstante gemeet en gekatalogiseer. Wetenskaplikes wat die golflengte van liggolwe bestudeer het, besef het dat die definisies van die meter vir hul doeleindes onvoldoende was, dus het hulle die ångström-eenheid (wat nominaal 10-10 meter was) bekendgestel het. In 1960 is die meter sodanig deur die Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte (GCPM) herdefinieer dat die ångström presies 10-10 meter was en in 1983 het die CGPM die meter weer herdefineer deur die meter te definieer as die afstand waarvoor die snelheid van die lig presies 299 792 458 ms−1 was.
In 2018 besluit die CGPM om die kilogram, ampere, kelvin en die mol op 'n soortgelyke manier te herdefinieer deur die waardes van die konstante van Planck, die Elementêre lading, die konstante van Boltzmann en die Konstante van Avogadro met die CODATA 2018 waardes vas te stel.[1]:15,127
Naam van konstante | Simbool | Waarde | Eenheid definisie |
Bron (2018CODATA) |
---|---|---|---|---|
Ligsnelheid in ’n vakuum | c0 | 299 792 458 ms−1 | meter | [1] Apr 2020 |
Konstante van Planck | 6,626 070 15 × 10−34 J s | kilogram | [2] Apr 2020 | |
Elementêre lading | e | 1,602 176 634 × 10−19 C | ampere | [3] Apr 2020 |
Konstante van Boltzmann | k | 1,380 6504 × 10−23 JK−1 | kelvin | [4] Apr 2020 |
Konstante van Avogadro | L, NA | 6,022 140 76 × 1023 mol−1 | mol | [5] Apr 2020 |
Aangesien dat die verhouding tussen elektronvolts en joules 'n konstant is (1 eV = 1.602 176 634×10-19 J) en ook dat π 'n konstant is, kry die volgende natuurkundige konstante ook vasgestelde waardes:
Naam van konstante | Simbool | Waarde | Bron (2018CODATA) |
---|---|---|---|
Konstante van Planck | 4,135 667 33 × 10−15 eV s | [6] Apr 2020 | |
Konstante van Dirac (of verlaagde konstante van Planck} | 1,047 576 865... × 10−34 J s | [7] Apr 2020 | |
Konstante van Boltzmann | k | 8,617 333 262... × 10−5 eV K−1 | [8] Apr 2020 |
Konstante van Stefan-Boltzmann | 5.670 374 419... x 10−8 Js−1m−2K−4 | [9] Apr 2020 | |
Eerste stralingskonstante | 3.741 771 852... × 10−16 Wm2 | [10] Apr 2020 | |
Tweede stralingskonstante | 1.438 776 877... x 10−2 mK | [11] Apr 2020 |
Konstantes
wysigIn die onderstaande tabel word die waardes van ander konstantes wat onlangs aanvaar is, gegee. Hierdie waardes is deur verskillende laboratoriums regoor die aarde gerapporteer en is deur CODATA (Komitee vir Data vir Wetenskap en Tegnologie) versamel. Die onsekerheid geassosieer met konstantes van die natuur waarvan die presiese waarde nie bekend is nie is in hakkies gegee. Byvoorbeeld, die waarde "1,234 56(78) beteken "1,234 56 ± 0,000 78".[2]
Naam van konstante | Simbool | Waarde en Onsekerheid | Bron (2018CODATA) |
---|---|---|---|
Magnetiese veldkonstante | μ0 | 1,256 637 062 12(19) × 10−6 Hm−1[Nota 1] | [12] Apr 2020 |
Elektrieseveld-konstante | ε0 = 1/μ0c02 | 8,854 187 8128(13) × 10−12 Fm−1 | [13] Apr 2020 |
Rusmassa van die elektron | me | 9,109 383 7015(28) × 10−31 kg | [14] Apr 2020 |
Rusmassa van die proton | mp | 1,672 621 923 69(51) × 10−27 kg | [15] Apr 2020 |
Rusmassa van die neutron | mn | 1,674 927 498 04(95) x 10−27 kg | [16] Apr 2020 |
Atoommassa-eenheid | mu = 1 Da | 1,660 539 066 60(50) x 10−27 kg | [17] Apr 2020 |
Konstante van Faraday | 96 485,332 12... Cmol−1 | [18] Apr 2020 | |
Gaskonstante | 8,314 462 618... JK−1mol−1 | [19] Apr 2020 | |
Absolute nulpunt | −273,15 °C = 0 K (per definisie van °C) | [1]:21,133 Apr 2020 | |
Fynstruktuurkonstante | α = μ0e2c0/2h | 7,297 352 5693(11) x 10−3 | [20] Apr 2020 |
α−1 | 137,035 999 084(21) | [21] Apr 2020 | |
Bohrstraal | a0 | 5,291 772 109 03(80) x 10−11 m | [22] Apr 2020 |
Hartree-energie | Eh | 4,359 744 722 2071(85) x 10−18 J | [23] Apr 2020 |
Konstante van Rydberg | R∞ | 10 973 731,568 160(21) m−1 | [24] Apr 2020 |
Bohrmagneton | μB | 9,274 010 0783(28) x 10−24 JT−1 | [25] Apr 2020 |
Magnetese moment van die elektron | μe | -9,284 764 7043(28) x 10−24 JT−1 | [26] Apr 2020 |
g-faktor van Landé vir vrye elektrone | ge | -2,002 319 304 362 56(35) | [27] Apr 2020 |
Nukleêre magneton | μN | 5,050 783 7461(15) x 10−27 JT−1 | [28] Apr 2020 |
Magnetiese moment van die proton | μp | 1,410 606 797 36(60) x 10−26 JT−1 | [29] Apr 2020 |
Magnetogiroskopiese verhouding van die proton | γp | 2,675 221 8744(11) x 108 s−1T−1 | [30] Apr 2020 |
Swaartekragkonstante | G | 6,674 30(15) x 10−11 m3kg−1s−2 | [31] Apr 2020 |
Notas
NB: Die datum in die kolom "Bron" verwys na die laaste datum van kontrole.
Eksterne skakels
wysig- Oorsig, 2005
- NIST-konstantes
- Hierdie artikel is oorsponklik vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Verwysings
wysig- ↑ Jump up to: 1,0 1,1 "Le Système international d'unités/The International System of Units 9e édition 2019" (PDF) (in Frans). Sevres, France: Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (BIPM). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020.
- ↑ "Standard Uncertainty and Relative Standard Uncertainty" (in Engels). NIST ([Amerikaanse] National Institute of Standards and Technology). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 16 Mei 2020.