Negozio Olivetti



Negozio Olivetti

Procuratie Vecchie
Sint Markusplein, Venesië






Inwyding

1958


Argitek

Carlo Scarpa


Bestuurders


Fondo Ambiente Italiano


Webtuiste
negozioolivetti.it

Die Negozio Olivetti, een van die belangrikste voorbeelde van moderne 20ste eeuse boukuns in Venesië wat deur die befaamde argitek Carlo Scarpa ontwerp is, is oorspronklik in 1958 as 'n toonlokaal vir die Italiaanse onderneming Olivetti geopen.

Die toonlokaal het danksy die inisiatief van die Italiaanse ingenieur, politikus en entrepreneur Adriano Olivetti (1901−1960) ontstaan om hier die onderneming se befaamde tik- en rekenmasjiene te vertoon. Reeds kort ná sy opening het die vlagskipwinkel ook as uitstallingsruimte vir klein kunsskoue gedien. Nadat Olivetti die toonlokaal in 1997 gesluit het, het die lokaal in Venesië se Procuratie Vecchie-gebou 'n tyd lank 'n aandenkingwinkel gehuisves.

Later is die toonlokaal deur sy eienaar, die versekeringmaatskappy Assicurazioni Generali, sorgvuldig gerestoureer. Dit word sedertdien bestuur deur die Fondo Ambiente Italiano (FAI), 'n nie-winsgewende stigting wat kulturele monumente bewaar en vir die publiek toeganklik maak. So het ook die Negozio Olivetti in 2011 sy deure weer vir besoekers geopen.

Eksterne skakels

wysig