Neville Lyttelton
Generaal Sir Neville Gerald Lyttelton (28 Oktober 1845 - 6 Julie 1931) was 'n Britse soldaat wat in Worcestershire, Engeland gebore is. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was hy in bevel van die Fourth Brigade in die destydse Natal. Hy was betrokke tydens die Slag van Spioenkop. Daarna was hy betrokke by gevegte langs die Delagoabaai-spoorlyn en in Lydenburg. Van 1902 tot 1904 was hy opperbevelvoerder van die Britse Magte in Suid-Afrika en keer terug na Engeland om Generale Stafhoof te word (1904 - 1908). Hy is oorlede in 1931.
Neville Lyttelton | |
---|---|
| |
Geboortedatum | 28 Oktober 1845 |
Geboorteplek | Hagley, Worcestershire |
Sterfdatum | 6 Julie 1931 (85 jaar oud) |
Sterfplek | Koninklike Hospitaal Chelsea, Londen |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse Weermag |
Jare in diens | 1865–1912 |
Rang | Generaal |
Poste beklee | Hoofbevelvoerder, Suid-Afrika Hoofbevelvoerder, Ierland Hoof van die Algemene Personeel |
Veldslae/oorloë | Fenian Raids Anglo-Egiptiese Oorlog Mahdiste Oorlog Tweede Vryheidsoorlog |
Toekennings | Knight Grand Cross of the Order of the Bath Knight Grand Cross of the Royal Victorian Order Mentioned in Despatches Order of Osmanieh (Ottomaanse Ryk) |
Familie | Charles Masterman (skoonseun) |