New Territories, Hongkong
New Territories is een van die drie hoofgebiede van die Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China. New Territories word afgekort as NT of N.T.
New Territories 新界 / Sān'gaai | |
---|---|
Stad | |
Butterfly Bay in New Territories | |
Byname: Draakstad" | |
Koördinate: 22°24′25.2″N 114°7′19.2″O / 22.407000°N 114.122000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Spesiale administratiewe streek | Hongkong |
Oppervlak | |
• Totaal | 952 km2 (368 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 691 093 |
• Digtheid | 3 801/km2 (9 840/vk. myl) |
In 2011 het die New Territories 'n bevolking van 3 691 093 en 3 801 mense per km² gehad. Meer as die helfte van die gebied is landelik. Op die platteland is daar (ommuurde) dorpies met min inwoners. Die dorpies word gekenmerk deur hul Chinese argitektuur en die groentelanderye rondom die dorpe.
Geskiedenis
wysigIn 1898 word die gebied deur Qing-China aan die Verenigde Koninkryk onder pag verhuur. Die huur sou nege-en-negentig jaar duur. Die Britse huurkontrak het ook aanleiding gegee tot die term "Inheemse Hongkongers". In 1997 is die gebied aan die Volksrepubliek China terugbesorg. Oorspronklik is die gebied deur die inwoners van Hongkong oorheers. Hulle het die Wai t'auw-dialek of Hongkong-Hakka gepraat.
Taal
wysig'n Groot deel van die inwoners praat en verstaan Standaard-Kantonees. In die 1960's was die persentasie mense wat Kantonees kon praat en verstaan, klein. Weens die media-invloed en verbeterde onderwys vanaf Hongkong-eiland het Kantonees toenemend belangrik geword. In die verlede het mense na toneelstukke in Hakka en Wai t'auw geluister, en die twee dialekte is ook in dorpskooltjies aangebied.
Nou kom al hoe meer immigrante uit die Volksrepubliek China na New Territories. Die oorgrote meerderheid immigrante se moedertaal is Mandaryns. Dit is die rede waarom die aantal mense wat Mandaryns praat vinnig aan die toeneem is in die omgewing.
Geografie
wysigNew Territories bestaan uit die volgende distrikte:
- Eilande-distrik
- Kwai Tsing (Kwai Chung en Tsing Yi-eiland)
- Noorde-distrik (Hongkong)
- Sai Kung-distrik
- Sha Tin-distrik
- Tai Po-distrik
- Tsuen Wan
- Tuen Mun
- Yuen Long
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie New Territories, Hongkong.