Newark, New Jersey
Newark is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat New Jersey en die administratiewe setel van Essex County met 'n bevolking van 277 140. Dit is 13 km wes van Manhattan, New York en 25 km suid van Paterson, New Jersey in die hart van New Jersey se Gateway Region geleë en maak deel uit van die metropolitaanse gebied van New York.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | New Jersey |
Koördinate | 40°44′N 74°11′W / 40.733°N 74.183°W |
Gestig in | 1666 |
Geïnkorporeer op | 21 Februarie 1798 11 April 1836 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 67,3 vk km |
- waarvan land | 61,6 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0-83,3 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 277 140 |
- Bevolkingsdigtheid | 5 034,8/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 18 818 536 |
Tydsone | EST (UTC -5) Somertyd: EDT (UTC -4) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentale en subtropiese trekke |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 12,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -0,4 °C / 25,1 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1174,8 mm |
Burgemeester | Cory Booker |
Amptelike Webwerf | newark.nj.us |
Dit is een van die belangrikste vervoerknooppunte in die VSA ten opsigte van lug-, see- en spoorvervoer. Danksy die ligging aan die Newark-baai naby die Atlantiese Oseaan het Newark se hawefasiliteite in Port Newark tot die belangrikste houerterminaal in die deelstate New York en New Jersey ontwikkel.
Newark is in 1666 deur immigrante uit die gelyknamige Britse stad gestig. Sy bynaam is The Brick City ("Die Baksteenstad"). Newark is die setel van 'n verskeidenheid kulturele en tersiêre onderwysinstellings soos Rutgers University en die New Jersey Institute of Technology, asook die hoofkwartier van groot sakeondernemings soos Prudential Financial en PSEG.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Newark, New Jersey. |