Newman se Voëls van Suider-Afrika
(Aangestuur vanaf Newman Se Voëls Van Suider-Afrika)
Newman se Voëls van Suider-Afrika is 'n boek wat die voëls wat in Suider-Afrika voorkom beskryf, en is een van die streek se voorste veldgidse. Dit beskryf en illustreer al die voëls wat in Suider-Afrika voorkom, selfs die seldsaamste swerwers en die seevoëls van die suidelike oseane. Die illustrasies is ook deur Kenneth Newman, wat een van die voorste voëlkunstenaars in Suid-Afrika was.
Newman se Voëls van Suider-Afrika
| |
---|---|
Skrywer | Kenneth Newman |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Uitgewer | Struik |
Uitgegee | 2004 |
Medium | Sagteband |
Bladsye | 528 |
ISBN | 9781868729821 |
Die nuutste publikasie bevat 46 nuwe spesies. Kleurkodes is behou en heen en weer verwysing is maklik. Alle kaarte is ten volle hersien. Internasionale name vir 125 spesies word ook ingesluit, in lyn met nuwe neigings wêreldwyd.
Inligting oor boek:
- Outeur: Kenneth Newman
- Uitgewer: Struik
- ISBN 9781868729821
- Formaat: Sagteband
- Publikasiedatum: Februarie 2004
- Lengte: 205mm
- Breedte: 125mm
- Aantal bladsye: 528