Nisa
Nisa, ook Mitradatkirt genoem, was 'n antieke stad in die Partiese Ryk. Dit is geleë naby die hedendaagse Asjchabat, Turkmenistan, 18 km wes van die middestad. Nisa word deur sommige beskryf as die eerste hoofstad van die Partiese of Arsakidiese Ryk. Daar word tradisioneel aangeneem dit is deur Arsakes I (bewind: omstreeks 250-211 v.C.) laat bou en dat dit die koninklike woonplek van die Partiese konings was, hoewel nooit vasgestel is of die fort by Nisa 'n koninklike woning of mausoleum was nie.
Nisa Mitradatkirt | ||
Die ingang tot Nisa. | ||
Land | Turkmenistan | |
Soort | Antieke stad | |
Streek | Asjchabat | |
Oppervlakte | 77,9 ha | |
Geskiedenis | ||
Tydperk | Partiese Ryk | |
Kulture | Parties | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Kriteria | (ii), (iii) | |
Verwysing | 1242 | |
Inskripsie | 2007 (31ste sessie) | |
Toestand | Ruïnes | |
Streek† | Turkmenistan | |
Beskrywing* | Partiese forte van Nisa | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
In 2007 is die fort tot 'n Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.[1]
Geskiedenis
wysigNisa was 'n groot stad in die Partiese Ryk.[2] Dit is later deur Mitridates I van Partië (bewind: omstreeks 171-138 v.C.) hernoem tot Mitradatkirt (Parties: 𐭌𐭕𐭓𐭃𐭕𐭊𐭓𐭕, "fort van Mitradates").
Die streek was bekend vir sy vinnige en mooi perde.[3] Dit is in die 1ste dekade v.C. heeltemal deur 'n aardbewing verwoes.
Verwysings
wysig- ↑ "UNESCO names World Heritage sites", BBC News, 28 Junie 2007.
- ↑ Centre, UNESCO World Heritage. "Parthian Fortresses of Nisa". whc.unesco.org (in Engels). Besoek op 2 Julie 2017.
- ↑ Oppian of Apamea, Cynegetica or The Chase, §1.306–315
Skakels
wysig- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.