Nissan Qashqai
Die Nissan Qashqai is 'n kompakte oorkruissportnutsvoertuig wat sedert 2006 deur die Japannese motorvervaardiger Nissan vervaardig word. Die eerste geslag Qashqai is onder die naam Nissan Dualis in Japan en Australië verkoop. Dit is nou in sy tweede geslag wat in 2014 vrygestel is, die nuwe model is net bekend as Qashqai. Nissan het die motor vernoem na die Qashqai (uitgespreek [qaʃqaːʔiː]), 'n semi-nomadiese stam wat in die bergagtige Suidwes-Iran woon.
Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Nissan Dualis (Japan en Australië) |
Produksie | 2007–2013 (eerste geslag) |
Montering | Sunderland, Engeland (Nissan Motor Manufacturing UK) Kanda, Fukuoka, Japan |
Bakwerk en onderstel | |
Bakstyl | 5-deur oorkruiser |
Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf of vierwieldryf |
Platform | Nissan C platform |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.6 L Nissan HR16DE I4 (petrol) 2.0 L MR20DE I4 (petrol) 1.5 L Renault diesel K9K 1.6 L Renault R9M (diesel) 2.0 L Nissan MR I4 (diesel) |
Ratkas | 5-gang of 6-gang handrat 6-gang outomaties palwissel outomatiese ratkas (CVT) |
Lengte | 4315 mm |
Breedte | 1785 mm |
Hoogte | 1605 mm |
Asafstand | 2630 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Nissan Mistral |
Variante | Nissan Rogue |
Die oorspronklike Qashqai het die Mistral/Terrano II veldvoertuig vervang as Nissan se SNV, en sy P32L motorplatform sal ook gebruik word vir 'n nuwe geslag Nissan oorkruis SNVs.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |