Nordahl Grieg
Johan Nordahl Brun Grieg (* 1 November 1902 in Bergen, Noorweë; † 2 Desember 1943 in Kleinmachnow naby Berlyn) was 'n Noorse skrywer en joernalis. Grieg het sy veelsydige loopbaan as seeman en soldaat begin. Later was hy werksaam as joernalis in China en Spanje, skrywer, regisseur en redakteur van 'n tydskrif. Ná 'n verblyf in die Sowjetunie het hy as oortuigde linkse na die weste teruggekeer en in die 1930's, as Noorse patrioot, aktief opgetree teen fascisme.
Nordahl Grieg | |
---|---|
Nordahl Grieg tydens die Tweede Wêreldoorlog | |
Gebore | Johan Nordahl Brun Grieg 1 November 1902 |
Sterf | 2 Desember 1943 (op 41) Kleinmachnow naby Berlyn, Nazi-Duitsland |
Nasionaliteit | Noorweë |
Beroep | Dramaturg, digter, romanskrywer, joernalis en soldaat |
Bekend vir | Til Ungdommen |
Eggenoot | Gerd Egede-Nissen |
Ouer(s) | Peter Grieg Helga Grieg (née Vollan) |
In 1943 was hy oorlogsverslaggewer gedurende die geallieerde lugaanvalle op Nazi-Duitsland toe die Britse Avro Lancaster-bomwerper, waarin hy gevlieg het, naby Berlyn afgeskiet is.