Nordiese Raad
Die Nordiese Raad en die Nordiese Raad van Ministers is 'n samewerkingsforum vir die parlemente en regerings van die Nordiese lande. Dit is na die Tweede Wêreldoorlog gevestig en die eerste konkrete resultaat wat dit bereik het was die invoer van gemeenskaplike arbeidsmark, maatskaplike versekering en bewegingsvryheid sonder paspoorte vir burgers van die lande in 1952.
Die Nordiese Raad bestaan uit verkose lede wat die vyf lande en drie outonome gebiede waaruit dit bestaan verteenwoordig. Die lede van die raad is lede van die nasionale parlemente van die lidlande van die Raad wat deur hulle onderskeie politieke partye genomineer word. Daar is dus nie 'n prosedure vir die verkiesing tot die Nordiese raad nie. Die Nordiese Raad wat deur 'n Presidium gelei word hou sedert 1996 elke herfs 'n gewone sessie en spesiale sessies word van tyd tot tyd om spesifieke temas gehou. Die Raad en lede van die lidlande se regerings kom ook op jaarlikse grondslag byeen om samesprekings te hou. Voortdurende politieke werk word deur komitee en party groepe behartig.[1]
Lidlande
wysigLand | Lidmaatskap | Parlement | Status van lidmaatskap | Verteenwoordig sedert | Lede |
---|---|---|---|---|---|
Denemarke | Volledig | Folketinget | Onafhanklike land | 1952 | 16 |
Finland | Volledig | Eduskunta | Onafhanklike land | 1955 | 18 |
Noorweë | Volledig | Storting | Onafhanklike land | 1952 | 20 |
Swede | Volledig | Riksdag | Onafhanklike land | 1952 | 20 |
Ysland | Volledig | Alþingi | Onafhanklike land | 1952 | 7 |
Åland | Geassosieerd | Lagting | Outonome land in Finland | 1970 | 2 |
Faroëreilande | Geassosieerd | Løgting | Outonome land in die Koninkryk van Denemarke | 1970 | 2 |
Groenland | Geassosieerd | Landsting | Outonome land in die Koninkryk van Denemarke | 1984 | 2 |
Estland | Waarnemend | ||||
Letland | Waarnemend | ||||
Litaue | Waarnemend |
Die Nordiese raad werk ook met die Baltiese Raad wat 'n soortgelyke organisasie vir die Baltiese lande Estland, Letland, en Litaue is. Die doel van die Nordiese raad se samewerking met die Baltiese Raad is ter wille van demokratiese, sosio-ekonomiese en kulturele ontwikkeling in die Oosseegebied en Noord-Europa. Samewerking met die Baltiese Raad neem verskillende vorms aan insluitend gesamentlike werksgroepe, werksvergaderings en sedert 2006 'n jaarlikse spitsvergadering.[2]
Die Nordiese Raad het inligtingskantore in al drie Baltiese lande asook in Rusland (in Sint Petersburg en Kaliningrad). Die Raad het ook spesifieke samewerkinsgprogramme met Duitsland en Pole.
Die Faroëreilande het te vore die wens uitgespreek om 'n volle lid eerder as assosiaat lid van die Raad te wees.[3]
Sekretaris-generaals
wysigDie Nordiese Raad is gestig op 12 Februarie 1953.[4]
- Jan-Erik Enestam (Finland) Augustus 2007 - hede
- Frida Nokken (Noorweë) September 1999 - Julie 2007
- Berglind Ásgeirsdóttir (Ysland) Augustus 1996 - April 1999
- Anders Wenström (Swede) September 1994 - Julie 1996
- Jostein Osnes (Noorweë) Januarie 1990 - Augustus 1994
- Gehard af Schultén (Finland) Februarie 1987 - Desember 1989
- Ilkka-Christian Björklund (Finland) September 1982 - Januarie 1987
- Gudmund Saxrud (Noorweë) Augustus 1977 - Augustus 1982
- Helge Seip (Noorweë) Desember 1973 - Augustus 1977
- Emil Vindsetmoe (Noorweë) Julie 1971 - Junie 1973
Verwysings
wysig- ↑ (en) norden Geargiveer 5 April 2008 op Wayback Machine, About the Nordic Council Geargiveer 14 September 2007 op Wayback Machine, besoek op 29 Maart 2008
- ↑ (en) norden Geargiveer 5 April 2008 op Wayback Machine, The Nordic Council and the Baltic Assembly Geargiveer 26 Junie 2007 op Wayback Machine, besoek op 29 Maart 2008
- ↑ (en) The Broad Agreement - Faroese coalition paper Geargiveer 12 Maart 2007 op Wayback Machine en (en) Call for meeting on full membership for the Faroe[dooie skakel]
- ↑ (en) rulers.org: Rulers - International organizations A-N Nordic Council
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Nordiese Raad. |
- Amptelike tuisblad (Deens, Engels, Fins, Noors, Sweeds, Yslands)
- Basic agreement (Deens, Engels, Fins, Noors, Sweeds, Yslands)
- (en) (ru) Kantoor in Sint Petersburg Geargiveer 24 Maart 2005 op Wayback Machine
- (en) (ru) Kantoor in Kaliningrad